Gauteng-polisie waarsku teen rondloperleeus

Argieffoto: Sanparke

Die polisie het inwoners van Fochville en omliggende gebiede in Gauteng Saterdag gewaarsku teen vyf rondloperleeus.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, sê ʼn enkele rondloperleeu is sowat twee weke gelede aangemeld, maar die polisie het intussen vier ander leeus ook in die gebied gewaar.

Ernst sê die polisie het glo Vrydagaand groot dele van die Fochville-gebied gepatrolleer en op dié vyf leeus langs die R54-hoofweg afgekom.

Sy sê die leeus, glo ʼn volgroeide leeumannetjie en vier jonger leeus waarvan die geslag onbekend is, het glo toegang gekry tot ʼn plaas waar hulle besig was om aan iets te vreet.

Volgens Ernst kon die polisie nie daarin slaag om die leeus te vang nie.

“Die opsporing en vang van die leeus in die nag was moeilik. Die polisie werk nou saam met talle organisasies waaronder natuurbewaringsorganisasies om die situasie te analiseer en moontlik die leeus te vang,” sê sy.

Ernst het gesê inwoners van die Fochville-gebied moet waaksaam wees wanneer hulle buite hul huise is.

Dit is in dié stadium nie seker waar die leeus ontsnap het nie aangesien daar ʼn groot aantal wildlewe-organisasies in die omgewing is.

Enigiemand met meer inligting word aangemoedig om adjudant-offisier WO Esterhuysen te bel by 079 895 0526 of 076 799 5371.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hannes De Beer ·

Wil die polisie nie maar liewer die gebied fynkam nie.

Roskam is ‘n pragtige woord, maar dalk ‘n effe drasties?

Will i am ·

Hul wil net die leeus roskam om weer netjies te lyk na so ruk in die ope veld

Maryna Loots ·

Wanneer jy ‘n dier borsel, roskam jy hom. Om iets te fynkam beteken om intens na iets te soek.

Veronica ·

Hoop nou net nie die leeus word sommer maar net weer dood geskiet omdat sommige amptenare te lui is om na n ander oplossing (verdowing) te kyk nie!!

Simba ·

Dom vraag Jacques. Natuurlik is n mens se lewe minder werd.

Jacques Venter ·

Waar is my kommentaar? MM. Het ek iets gesê wat teen julle reëls is?

Stephen Namibia ·

“Hulle kon nie daarin slaag om die Leeus te vang nie”! Kapt Ernst dis nie huiskatte nie!

Stephen Namibia ·

Hier by ons in Nam is n paar manne wat die goed kaalhand sal vang!

Eish ·

” die publiek gewaarsku om nie die leeus te konfronteer of self te vang nie.”
Is dit agv die die huidige skoolsisteem dat die waarskuwing uitgereik word of word ons intelligensie onderskat? Dis mos logies. Hul het dan ontsnap en is gewapen.
Sjoe, ons is op die afdraende en tel spoed op.

Ek ·

Mooiman. Europa glo in elkgeval die leeusloop in Johannesburg se strate, nou het hulle bewyse. Hahaha

Koeksuster ·

Ek lees nou die en ek dink so by myself… myself die polisie kan nie eens skelms vang nie wat nog van leeus. Ek is nou nie n taalguru nie maar konfronteer??? Ek dink nie dit is die regte woord vir die sin nie. Nou sal iemand my dalk ook roskam nadat hulle my plasing gelees en gefynkam het.

Toppie ·

Die enigste leeus wat die polisie gaan konfronteer en moontlik vang is die wit leeus in die leeu rugby span , maar ” n vierpotige leeu , nie maklik nie dit is darem net teveel verwag

Reinier ·

Ek hoor daar by Ellispark is ‘n paar rondloper leeus, miskien moet hulle daar gaan kyk!

Cyril Blackburn ·

Dagsê lesers
Dankie vir jul elkeen se kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig – “fynkam” is inderdaad die regte woordkeuse in dié konteks. Die artikel is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Toppie ·

Wat gaan die polisie doen – vir elkeen ‘n rooi kaart gee , pragtige land die van ons

SARIE VAN HEERDEN ·

Natuurlik sal ek nie naby ‘n loslopende leeu kom nie want ek is bang vir hom omdat ek weet wat se “magte” hy het. Ek is banger vir die een wat regop loop op twee bene en by my kom bedel en as hy niks kry nie, en soms ook wel kry, maak hy my dood met ‘n glimlag op die gesig. Nee daar is twee soorte “bange” en die een vir die leeus is die mees voorspelbare.

Toppie ·

Ek wou se Jantjies en die ander Leeus was nie gister in die Springbokspan wat in Perth gespeel het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.