Gauteng-polisieman aan diens doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte is Saterdagaand omstreeks 21:00 in Katlehong in Gauteng doodgeskiet tydens ʼn roetine stop-en-deursoek-veldtog.

“Die beamptes het ʼn wit Volkswagen Polo afgetrek om die motor te deursoek,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Daar was drie persone in die Polo en hulle het op die beamptes losgebrand.”

Een van die beamptes is noodlottig gewond. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vroulike polisiebeampte is Saterdagaand in Durban, KwaZulu-Natal doodgeskiet toe sy en haar kollega op ‘n rooftog reageer het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.