Gauteng-premier besorg oor voorgestelde tariefverhogings in Jhb

Gauteng-premier David Makhura (Foto: ANA)

David Makhura, premier van Gauteng, het Woensdag sy kommer uitgespreek oor ʼn voorgestelde verhoging van eiendomsheffings in die Stad Johannesburg ná sy munisipale waardasies onlangs uitgereik is.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het gesê 8 000 eienaars sal van volgende week artikel 78-kennisgewings ontvang wat die waardasie van hul eiendomme sal hersien, wat klaarblyklik oorgevalueer is.

Dié 8 000 waardasies, wat as problematies geïdentifiseer is, het uitsonderlike verhogings beleef, talle meer as 100%. Maar die stad se voorstelle word deur die inwoners veroordeel, veral diegene wie se eiendomme met meer as 100% gerevalueer is.

Ontstoke eienaars in die Stad Johannesburg het met ʼn petisie begin teen die hoë tariewe op hul bates op die stadsraad se nuwe waardasierol.

Makhura het gesê dié tariefverhogings sal finansiële druk plaas op die inwoners wat reeds gebuk gaan weens ʼn swak ekonomiese omgewing. Hy het gesê daar is geen regverdiging vir dié verhogings nie en dit sal tot ʼn rampspoedige einde lei vir belastingbetalers.

“Soos ek in my provinsiale rede gesê het, baie van ons inwoners kry swaar; die prys van kos, elektrisiteit en vervoer het die hoogte ingeskiet en dit plaas geweldige druk op gesinne se finansies. Hierdie tariefverhogings sal ʼn negatiewe impak hê op die werklike inkomste van gesinne,” het Makhura verduidelik.

“Ek hoop die stadsraad luister na die reaksie van die belastingbetalers en dat hulle hul sienings in gedagte sal hou wanneer ʼn finale besluit oor dié kwessie geneem word.”

Hy sal met Mashaba vergader om die kwessie verder te bespreek en sal ʼn beroep op hom doen om seker te maak dat daar nie onnodige druk is op die inwoners van Johannesburg wat ongeregverdigde tariefverhogings betref nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snoefie ·

hoekom moer daar jaarliks tariefverhogings wees? dis verdomp ongrondwetlik.hpw bepaal die “inspekteurs” die waarde van enige eiendom van agter n 8 voet hoë muur waar hulle net die dak sien uitsteek?

Hennie ·

Maar verkoop ‘n eienaar sy eiendom of as hy dit wil gebruik om n lening te sekureer dan is die eiendom se “waarde” 10x meer as die minusipale waardasie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.