Gauteng-premier gekap oor e-tol

e-toll

Argieffoto.

Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, het David Makhura, premier van provinsie, Maandag daarvan beskuldig dat hy die ware probleme rakende die ongewilde e-tolstelsel ontduik.

Msimanga het die uitlatings gemaak ná afloop van Makhura se provinsiale rede.

Maroela Media het vroeër berig Makhura het inwoners van die provinsie Maandag in sy toespraak verseker dat e-tol die volle aandag van die regerende party geniet. Hy het gesê dat 21 regeringspanne glo hard aan die werk is om ʼn oplossing vir die e-tolsituasie te vind.

Msimanga het egter teruggekap deur te sê die kontrak vir die e-tolstelsel is inteendeel hernu.

“Makhura maak al van 2016 dieselfde bewerings. Ek het geen daadwerklike planne of iets oor die werklike stand van sake in die provinsie gehoor nie. Hy beweer Ramaphosa hanteer glo die e-tolsaak? Ek sê jou nou dat die e-tolkontrak hernu is tot 2019 met die opsie van 2021,” het Msimanga gesê.

David Makhura, premier van Gauteng. Foto: GCIS

Elektroniese tolwese (ETC) het verlede maand egter ontken dat Gauteng se e-tolkontrak met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) hernu is, soos Msimanga beweer.

Volgens ETC is dié kontrak wel verleng maar nié hernu nie, soos per bepalings van die kontrak wat in 2009 tussen die partye aangegaan is.

Makhura het ook in sy toespraak gesê dat hoewel die gebruikersbetaalbeginsel nié bevraagteken word nie, e-tol lewenskoste verhoog en dus onvolhoubaar is.

Mandisa Mashego, voorsitter van die EFF in Gauteng, is ook van mening dat Makhura se toespraak tekortgeskiet het. “Sy toespraak het geen terugvoer gegee oor projekte wat hy voorheen aangekondig het nie,” het Mashego gesê.

“Daar was geen werklik prestasies sedert sy vorige provinsiale rede nie. Hulle het nie die Life Esidimeni-eisers betaal nie, e-tol is in ʼn ernstige krisis gedompel…. Hy sê hulle is nie teen die gebruikersbetaalbeginsel nie, maar hulle is teen e-tol. Hy het die wetgewer mislei,”’ het Mashego gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jacques ·

My vraag is nogsteeds hoeveel keer moet n mens dan betaal om EEN pad te gebruik ? Jy betaal vir jou motorlisensie , as jy brandstof ingooi , belasting ens . So wat nou . Wat word van al daai geld ?

Jacques ·

Wit olifante op die GP paaie . Die regering her seker gedink hulle gaan die stelsels implimenteer en geld maak vir eie gewin , toe loop hulle n groot bloutjie . Shame , slim vang toe sy baas .

Elsa ·

Jip en Gordan het nie verwag dat die publiek teen e-tol gekant gaan wees en hy het miljarde GPF geld daarin gestort. In n maatskappy wat Zuma gestig het in die buiteland. Skrap e-tol en gebruik die kamera vir padoortreders.

Johanna Botha ·

Al in die ronte al in die ronte en niks gebeur nie alles beloftes wat leeg is en bly !

Wonder-ma-net! ·

Natuurlik sal hulle hom moeilikheid gee..!

Hulle sal NOOIT e-tol laat gaan nie, daar is te veel hande wat skep in daardie “pie”…

Net nog ‘n verkiesings-foefie!!!

Piet ·

Betaal die keiser wat die die keiser toekom hoe korrup hulle ook mag wees. Die Romeine was wreed, ongenadig en ook korrup en tog het Jesus hierdie woorde geuiter selfs toe Hy geweet het hulle gaan Hom binne n paar maande kruisig

Alida ·

Piet jy bly seker op die platteland en voel nie ons pyn nie. My keiser is die ontvanger wat ek getrou betaal nie die skelm ANC nie.

Piet ·

Alida, ek bly in Johannesburg en moet gereeld die westelike verby pad ry. Ek betaal elke keer. Indien jy dink net om belasting te betaal kom jy Jesus se woorde na maak jy n baie groot fout. Alles wat enige regering op jou afdwing moet na gekom word. Die Vader rig regerings (konings) op en Hy bring hulle tot n val. Gaan soekdit op.

@Piet ·

Liewe Piet, die Farao van Egipte het ‘n wet gemaak dat alle Joodse baba seuns in die Nyl verdrink moes word omdat hy bevrees was dat die Joodse mans te veel sou word en teen hom in opstand sou kom. Moses se ma het hom gaan wegsteek in die riete in ‘n mandjie by die rivier in die hoop om sy lewe te red. Sy het dus nie die Farao se grusame wette gehoorsaam nie en Moses het uiteindelik die leier van sy volk en die een wat hulle uit Egipte uitgelei het, geword. Mag daar uit die ongehoorsame burgers wat hulle verset teen dié openlike uitbuiting, ‘n Moses kom wat ons van die ANC juk en sy tollenaars kom red.

Riaan ·

@piet
Lees jou bybel en VERSTAAN voordat jy jou geloof begin misbruik vir ‘n onGODdelike saak. Jy kan maar aanhou die ander wang draai maar nie ek nie en dit HET NIKS MET MY CHRISTENSKAP te doen nie!

Piet ·

@Piet, dit was nie n wet nie maar n opdrag. Toe Jesus op aarde was het sekere Jode in opstand teen die Romeine gekom maar nerens is geskrywe dat Hy dit goedgekeur het nie, inteendeel is hy gekruisig in die plek van die terroriste leier Barrabas.

Riaan, indien jy nie doen wat Jesus jou leer nie, is jy nie Sy volgeling nie.

Annie ·

Ha ha, ek weier om dit te betaal. Hulle kan Sarie Marais deur hulle oortjies sing……
Ons het nie gevra daarvoor nie. Ons betaal nie daarvoor nie.

Ek stem saam met Jaques….

Lee ·

Die ANC Regering het van die begin af ‘n “cut” gekry van die inkomste van e-tol. Dink die mense nou regtig hulle sal dit stop. Hoe meer geld hulle uit ons kan maak hoe gelukkiger is hulle

Willehond ·

Los die e tollhekke! Ek hou van die mooi pers liggies wat almal verblind! Dit sit n bietjie kleur in n baie donker land huidiglik!

Koos ·

‘n Paar vereistes om die stelsel te laat werk, aangesien die infrastruktuur reeds opgerig is:
1) Verwyder die buitelandse belang en gepaardgaande wins wat nie aangewend word om die paaie in stand te hou nie
2) Laat die geld wat ingevorder word SLEGS vir paaie gebruik word i.p.v. bloot in die regering se geldkoffer ingaan (Eng. : “ring fence”)
3) Laat ALLE gebruikers betaal. Tans word minibustaxis en buse vrygestel van e-tol. So inderwaarheid word van ander gebruikers verwag om hulle te subsidieer.

JohanL ·

Die sterk vermoede bestaan, dat net soos Bosasa, die hele e-tol saga ‘n stroom van korrupte inkomste vir sekere ANC kaders was. Ons wag vir iemand om ook in die geval die fluitjie te blaas. Net jammer dat na wat met Agrizzi gebeur het, so ‘n persoon twee keer gaan dink.

Grassie ·

Ek verstaan nie die storie van die “21 regeringspanne” wat die aangleentheid moet ondersoek nie. Daar word mos gewoonlik net een ondersoekspan of kommissie aangestel om iets te ondersoek. Miskien is dit deel van die ANC se kaderontplooiing of werkskepping, of net deel van die chaotiese, onnosele werkswyse waarvoor hul bekend is.
Hul gesloer laat my ook vermoed dat daar baie geld onder die tafel deur betaal was en dat die “beleggers” nou hul pond vleis begin eis daarvoor.
Wat ‘n hartseer storie is, is dat die regering ongeveer 6 miljard rand van die staatsdienspensioenfonds aan die tollenaars geleen het. Dit is nou seker ook weg.

Ja swaer ·

Die arrestasie v Agrizzi is ‘n strategie om hom stil te maak en te voorkom dat hy getuig in enige strafsaak. Dis ‘n strategie van Ramaphosa wat self sy hand in die Bosasa till het, maar kamma nie geweet het sy handjie is in die till nie. Dis mos logies dat as jy Agrizzi laat toesluit hy sal toeslaan soos n boek en dan is goeie getuienis daarmee heen. So is Godfrey Lebeya vd Hawks misbruik om dit te doen. Dit terwyl die SIU al 9 jaar gelede Bosasa se boosheid blootgele het en die Hawks aangese is om niks te doen nie want almal het nog geskep. Noudat die emmer leeg loop en Ramaphosa en kie beskerm moet word, moet mense soos Agrizzi stilgemaak word. Ramaphosa – mooi geleer by vader Jakob

Slappe ·

Dis jammer dat ons ni betaal ni, want dis goeie paaie.
Di feit is dat di invorderaars meer aan fooie kry, as wat vir bou van nuwe paaie en of onderhoud beskikbaar gestel word.
Verder is daar n hofbevel wat sê di presuese ‘uitleg’ van hoeveel vir wat ingevorder/aangewend word, moet deur di Regering bekend gemaak word – steeds ni gedoen ni!
Dus, kan di ‘Keiser’ ook ni my deel kry ni…

KAKtus ·

Ek stem volkome saam. Maak van die etol kompos. Dit is belasting op belasting… Gaan kyk hoe lyk die paaie op die plateland…. Plant eerder met daai geld n Kaktus.

Snowflake ·

Hvl reeds van maandelikse salarisse gaan vir belastings … v.a.t.. persoonlike belasting, … na alle heffings en belastings wat daagliks ook nog betaal moet word, hvl van jou maandelikse inkomste is joune… in jou sak!!! 30%…

Stripes ·

Ek bly in die Weskaap want my voorsate se voete was te sag vir die klippe en hulle konnie skoene bekostig nie.

My familie en kinders is egter nog in dele van die Transvaal maar ek kannie meer bekostig om vir hulle te gaan kuier nie. Die tolgeld vir die rit om by almal uit te kom is meer as my petrolgeld vir die rit. So nou koop ek maar eerder meer data by Telkom en Skype maar eerder so nou en dan.

Ons paaie in die Kaap, waar ek bly en ry bygesê, is in elkgeval beter as daai hobbelrige tolpaaie van die Vrystaat en die Transvaal.

Sterkte vir diegene wat verplig is om die e-tol paaie te bebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.