Gauteng-premier ontvang e-tol-verslag

Argieffoto

Argieffoto

David Makhura, premier van Gauteng, het Sondag die raadgewende paneel se verslag ontvang oor die ekonomiese impak van e-tol op Gauteng.

Prof. Muxe Nkondo, voorsitter van die paneel, het die provinsiale regering bedank vir die vertroue wat hulle in die paneel geplaas het. Hy het ʼn lêer en al die insette wat tydens die hersieningsproses bekom is, aan Makhura oorhandig.

Die paneel is in Julie deur Makhura saamgestel om die ekonomiese en maatskaplike impak van die Gauteng hoofwegverbeteringsprojek en die e-tolstelsel om dit te finansier, te ondersoek.

Makhura het Sondag gesê die provinsiale regering sal die verslag ernstig bestudeer en dit aan die provinsiale wetgewer voorhou. Hy kon nie besonderhede verskaf van inligting in die verslag nie. “Ons sal met die munisipaliteite en nasionale regering vergader sodra ons tot ons eie gevolgtrekking gekom het oor die verslag,” het hy gesê. “Ons beskou die werk van die paneel in ʼn baie ernstige lig. Dit was nie ʼn mors van tyd nie.”

Makhura het gesê ʼn besluit oor die pad vorentoe sal na verwagting vroeg volgende jaar geneem word. “Ons wil onsself genoeg tyd gun om alles deur te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.