Gauteng-regering sê ras glo nie kriteria vir ekonomiese hulp

(Argieffoto)

Die Gauteng-regering het Dinsdag by monde van die LUR oor ekonomiese ontwikkeling, Morakane Mosupyoe, tydens die virtuele wetgewer-sitting erken dat ras nie ʼn faktor sal wees vir ondernemings om ekonomiese hulp te ontvang nie.

Dit kom na aanleiding van ʼn vraag in dié verband deur Amanda de Lange, VF Plus LPW in Gauteng. Alhoewel die antwoord positief is, bly die VF Plus egter skepties.

“Die ANC-wetgewerlede se reaksie op die vraag was veelseggend,” het De Lange verduidelik. “Een van die wetgewerlede van die ANC het sommer self die vraag namens die LUR probeer beantwoord deur aan te dui dat die ANC ʼn nie-rassige party is en dat die vraag eintlik ongevraagd is. Die LUR het weer op haar beurt gewys dat die vraag haar baie ongemaklik maak en het dit as onvanpas bestempel. Daarna het sy aangedui dat ras nie ʼn faktor sal wees nie, want dit reflekteer nie die denke van die ANC nie.”

De Lange meen die ANC se ongemaklike reaksie op die vraag asook die feit dat die ANC-regering op nasionale vlak teruggegaan het op hul woord dat hulp aan klein-sakeondernemings nie onderhewig sal wees aan swart ekonomiese bemagtigingsvereistes nie, laat die VF Plus uiters skepties of die Gauteng-regering by hulle woord sal bly.

“Die onderneming van die Gauteng-regering kom ook teen die agtergrond van die premier, David Makhura, se aanduiding dat die klein-sakeondernemingsfonds wat deur die regering en die privaat sektor geskep is, merendeels ondernemings in informele nedersettings gaan help. Die VF Plus sal die proses van hulpverlening aan ondernemings dophou en nie huiwer om op te tree om die Gauteng-regering gebonde aan sy woord te hou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

henndrik ·

Hulle antwoord se eintlik niks nie want beleid word deur die nasionale regering toegepas wat hulp betref en daar speel ras verseker ‘n rol

Kalla ·

Ons regering is maar net nie eerlik en betroubaar nie punt.

Mathys ·

Ongeag of dit regverdig of onregverdig is, is dit nou al 8 weke! En hulle stry oor regeringshulp, in die toekoms! Die skade is in die verlede gely, die geld deur internasionale samaritane is in, wat nou? Hoekom is dit nog nie onregverdiglik of regverdiglik aangewend nie!?

Leon ·

Dit is nie ras gedrewe nie solank 80% van jou besigheid in swart hande is.

Pieter ·

Ons blankes se eie skuld want ons wil nie standpunt in neem nie. Hou op kla dit gaan ons niks help nie

Snowball ·

Wonder net as ons die geldjies in, in een kolom sit, en vergelyk met geldjies uit in die ander kolom, of die twee sal balanseer?
Tussen die hand en die mond val baie pap op die grond….

Amatambo ·

Skere met gekruisde vingers agter sy rug – daar’s ‘n ou, ou spreekwoord: “Hoor en zeg lieg men veel” (kan nie onthou of ek dit reg onthou nie…”

Eish ·

Vreemd dat wanneer daar na die website gegaan word, daar so baie BEE vrae is – in 2 maande het ons nog niks terugvoering ontvang nie.

Nico ·

Oupa.
Die gevolgtrekking is duidelik: Die ideologie van “rassisme” is bedink as ‘n teenvoeter vir nasionalisme en rasse trots. Want nasionalisme en rasse trots is die groot teenvoeters en teenstanders van die Kommunisme en hulle liberalistiese meelopers. Die ideologie van “rassisme” rus op haat vir wit manskap, soos die Kommuisme dit verklaar het. Dit verklaar waarom slegs daar klaarblyklik net Blanke “rassiste” kan wees maar nie ook Swart “rassiste” nie. Dit verklaar ook hoekom ‘ “Black Lawyers Association” nie “rassisties” is nie, maar indien enige Blanke organisasie geskep word, dit as “rassisties beskou word en boonop deur die Handves van Menseregte.

Nell ·

Eerlikheid, deursigtigheid en integriteit bestaan nie in hierdie mense se verwysingsraamwerk nie. Dus verwag niks nie dan is jy nie kwaad of teleurgesteld nie.

Kokerboom ·

Die ou gesegde: “n jakkals verander van haar maar nie van kleur” is van toepassing.
Die debat is vir my sinneloos…vir 26 jaar het die betrokke party al bewys dat hul totaal oneffektief en onvermoeend is en nie vertrou kan word. Hoekom bly die Blankes so naief om aan te hou glo in ‘n ANC kersvader?

Elsabé ·

Hoekom het ons dan nog nie uitbetalings gekry nadat ons herhaaldelik aansoek gedoen het nie?

Pieter ·

Ai, hoe lekker lag ek nou. Ons weet gelukkig uit ondervinding die anc sal mos nooit een ding sê en ‘n ander ding doen nie.

koos10 ·

Julle verstaan nie nou nie, Die Gauteng regering sal nie ras as maatstaf gebruik nie, en ek glo hulle, want hulle gee nie die hulp, dis die nasionale regering wat die hulp moet gee.
Ons het mos al meer as een keer gesien dat die Provinsiale regering en Nasionale regering nie saam stem oor iets nie, dink maar aan Etol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.