Gauteng-resultate: EFF beweer vuilspel

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het versoek dat ‘n oudit gedoen word van die verkiesing en stemtellery in Gauteng.

“Daar is baie gevalle van verlore stemme en stembriewe wat in dromme gevind is regoor Gauteng, en dit blyk dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) met die ANC saamsweer om die realiteit te verhoed dat die ANC dalk minder as 50% van stemme in Gauteng gaan kry,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

Hy sê die ANC in Gauteng se steun het gekwyn tydens die tel van die stemme. “Om presies 17:59 het die ANC 50,21% van die stemme in Gauteng gehad en onmiddellik daarna het die Gauteng-uitslae stadiger begin inkom en byna tot ‘n absolute stilstand gekom omdat die ANC op pad was om onder 50% te daal, ” het Ndlozi gesê.

Hy sê die party vermoed vuilspel. Die EFF het geëis dat die OVK onmiddellik die resultate in Gauteng bekend maak. “Die OVK moet ten minste die ordentlikheid hê om aan die EFF te verduidelik waarom die resultate vertraag word en ophou konkel met die regerende party,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mike ·

Weereens ‘n bedrogspul wat nooit sal ophou nie. Die beste opsie bly steeds om na jou eie toekoms om te sien in die buiteland. Die poppe gaan begin dans na hierdie verkiesing met die EFF ook in die parlement en die DA se Zille wat haat pos moet oorgee aan ‘n swarte.

AmY ·

So, eintlik het ek ‘verniet vir 90 minute in ‘n ry gestaan’ om my kruisie te trek? My stembrief het dalk ook in ‘n asblik opgeëindig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.