Ses vermeende rowers is Vrydag in hegtenis geneem ná ʼn gewapende roof vroeër die oggend by ʼn selfoonwinkel by Centurion Mall in Pretoria.
ʼn Groep rowers het omstreeks 11:00 op die Vodacom-selfoonwinkel in die sentrum toegeslaan en ʼn aantal elektroniese toestelle gesteel.
Die rowers het probeer vlug, maar is buite die sentrum deur die polisie voorgekeer. ʼn Skietery het uitgebreek waarna die rowers in hegtenis geneem is. Die polisie het op vuurwapens beslag gelê. Twee sakke vol gesteelde selfone en elektroniese toestelle is in hul besit gevind.
Kaptein Doniah Mothutsane, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie gaan binnekort ʼn persverklaring oor die voorval uitreik.
Dit is een van ʼn reeks rooftogte waar rowers selfoonwinkels in gewilde winkelsentrums in Gauteng teiken en daarop toeslaan. Soortgelyk rooftogte begin ook in Kaapstad toeneem.
Baie goeie werk
Dit is ‘n foto om te raam want dit word nie aldag gesien in die NSA nie.
Mooi man!!! Mooiste foto en beste werk in ‘n baie langggggg tyd.
Damn. Hulle is almal, lewendig.