Gauteng-rooftogte: 6 vas ná roof by Centurion Mall

Die vyf rowers wat ná die rooftog by die Centurion Mall in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

Die vyf rowers wat ná die rooftog by die Centurion Mall in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

Ses vermeende rowers is Vrydag in hegtenis geneem ná ʼn gewapende roof vroeër die oggend by ʼn selfoonwinkel by Centurion Mall in Pretoria.

ʼn Groep rowers het omstreeks 11:00 op die Vodacom-selfoonwinkel in die sentrum toegeslaan en ʼn aantal elektroniese toestelle gesteel.

Die rowers het probeer vlug, maar is buite die sentrum deur die polisie voorgekeer. ʼn Skietery het uitgebreek waarna die rowers in hegtenis geneem is. Die polisie het op vuurwapens beslag gelê. Twee sakke vol gesteelde selfone en elektroniese toestelle is in hul besit gevind.

Kaptein Doniah Mothutsane, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie gaan binnekort ʼn persverklaring oor die voorval uitreik.

Dit is een van ʼn reeks rooftogte waar rowers selfoonwinkels in gewilde winkelsentrums in Gauteng teiken en daarop toeslaan. Soortgelyk rooftogte begin ook in Kaapstad toeneem.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willie ·

Dit is ‘n foto om te raam want dit word nie aldag gesien in die NSA nie.

Christell ·

Mooi man!!! Mooiste foto en beste werk in ‘n baie langggggg tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.