Gauteng-rooftogte: PTA-man geskiet toe hy vir rowers ligte flits

wonderboom-junction

Die Wonderboom Junction-winkelsentrum

ʼn 40-jarige motoris is Donderdagmiddag in Pretoria geskiet toe hy sy motor se ligte geflits het vir ʼn motor, wat in spitstyd onverskillig gery het.

Mirna von Beneke, woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, het Vrydag aan Maroela Media gesê sewe gewapende mans het omstreeks 17:50 die MTN-winkel by die Wonderboom Junction-winkelsentrum beroof en met ʼn onbekende hoeveelheid elektroniese toestelle gevlug.

zambesi

Die motoris is in Sefako Makgathorylaan (Zambesirylaan) geskiet. Foto: Google Maps

“ʼn Veiligheidsbeampte wat nie aan diens was nie, het die rooftog gesien en die verdagtes se motor agternagesit,” het Beneke gesê. “Die beampte het sowat ʼn blok van die sentrum af ʼn skoot na die verdagtes se motor gevuur terwyl hy bestuur het. Hulle het verskeie kere teruggeskiet en weggejaag.”

Die verdagtes het deur spitsverkeer gevleg en in Sefako Makgathorylaan (Zambesirylaan) in ʼn oostelike rigting gejaag. “Die motoris het in Sinoville se omgewing die voertuig sien jaag en het vir hulle sy ligte geflits omdat hulle onverskillig ry,” het Von Beneke verduidelik. “Die verdagtes het uit hul motor op die man geskiet en hom getref. Na wat verneem word, is hy twee keer gewond.”

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het kritieke beserings tydens die voorval opgedoen. “Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir gevorderde behandeling.”

Die verdagtes het egter ontvlug. Die veiligheidsbeampte is ʼn getuie vir die polisie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van besigheidsroof en poging tot moord.

Vorige berigte oor Gauteng-rooftogte by selfoonwinkels in winkelsentrums is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dan ·

Dinge raak by dag erger. Die kriminele maak net soos hulle wil en ontsien dit nie om ‘n onskuldige motoris te skiet nie, hulle weet die kans dat hul gevang sal word is baie skraal en as dit ooit gebeur, kan hulle lekker in die tronke, wat deesdae hotelle is, rus.

Marian Nigrini-Vorster ·

Baie dinge in ons lLand en Dorpe is vir my duister, ons baklei nie eens vir mekaar maar teenmekaar. Ek woon naby Wildernis in die Wes-Kaap, in Wildernis is ‘n afgetreede sakeman met ou motors met ‘n nuut geboude huis en pynlik netjies.

Wel die munisipaliteit van George vat die man nou na die Hoggeregshof in Kaapstad op die saak dat hy by hul aansoek gedoen het vir die stoor van 20 voertuie en nie 22 voertuie. Die eienaar het ‘n ekstra gebou op sy perseel opgerig vir sy tuingereedskap, ens die gebou is goedgekeer en is so groot soos ‘n dubbele motorhuis.

George Munisipaliteit kla hom nou aan dat hy nie die gebou gebruik vir sy tuingereedskap ma wel twee luukse voertuie daarin stoor.

Wet is seker wet, maar kan die munisipaleit nie eerder die geld vir iets beter aangewend het nie, want as jy in party woonbuurte soos by Kleinkranz kyk, is die oprigting van geboue in die gegoede deel ‘n gevaar, party geboue staan erwe toe.

Ek reken wat vir een geld geld vir almal, hoekom moet daar op party mense gepik word net omdat dit lyk hul het geld.

Die eienaar kom niemand te na raas nie sy woning is netjies hy betaal sy erfbalasting vooruit ‘n warlike goeie burger van ons dorp en land, maar jul kan raai wie kla die gene wat die son nie oor ander laat skyn.

Ek het ‘n greintjie dood aan sulke mense wat ander niks gun al het hul reeds soveel.

Maurice ·

Ek voel dat ons, veral in Gauteng, sit met te veel sekuriteits maatskapye. Winkelsentrums word geteiken want daar is nie gewapende wagte nie. Ek soen self sekuriteits werk (Privaat) vir n ou en moet baie saam bestaande groot, wel bekende sekuriteits besighede se wagte werk. SWAK is nie die woord om die wagte te beskryf nie.

Werk deur die sekuriteits maatskapye en kry gewapende wagte in ons sentrums. Dit is logika dat n “Ding” by n sentrum nie sy lewe in gevaar sal stel nie, nie met gewapende rowers of vir die patetisie bedrag waarvoor wagte moet werk nie.

Wagte word betaal om winkel eienaars se belange te beskerm…

Dinge ruk handuit en dis jammer om te se dat die bestaande polisie diens slegs 2 uit elke 50 het wat regtig doen waarvoor hulle betaal word. Disipliene en maatreels word nie meer toegepas nie. Dinge gaan nie verander nie.

Jy moet jouself maar bewapen en die reg in jou eie hande neem. Ek 90% seker jy sal nog weg kan kom met skiet ook.

Martie ·

Dit is skrikwekkend, ek gaan doen partykeer my aankope by die sentrum. Met die rooftog ‘n paar maande terug in Gezina waarby een van die verbygangers geskiet is wou ek by die mense weet hoekom hulle nie wapens dra nie. Nodeloos het hulle gese, hulle mag nie wapens by hulle he nie ook nie die motorwagte nie. Wat is die nut en hoe kan mense dan beskerm word. Dit is alles ‘n jaag ma wind en ‘n vraatsigheid van rykdom en nie omdat hierdie mense honger is nie. Ek kan net vashou aan die genade van God, ons leef in die laaste tye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.