Gauteng-sakeman vas vir tenderbedrog

Kapai Pierre Petersen (43) . Foto: SAPD

Die Valke het gesê ʼn Gautengse sakeman is dié week by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat hy van die DRK af in die land aangekom het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê Kapai Pierre Petersen (43) is Maandag in hegtenis geneem.

Hy het Dinsdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal, vervalsing en uitgifte (om vervalste geld in omloop te bring).

Die aanklagte hou verband met tenderbedrog van R186 miljoen. Petersen het na bewering tenderdokumente geskep en vervals om sakevennote te kry om in sy onderneming, Blue Future Internet and Surveillance, te belê.

Petersen het glo dan bedrieglike fakture voorgelê wat vir die “aankoop” van toerusting was volgens die vereistes van die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS).

Twee konsultasiemaatskappye het glo onderskeidelik R12,5 miljoen en R60 miljoen verloor terwyl die NHLS glo sowat R114 miljoen in die proses verloor het.

Volgens Mulamu is Petersen se inligting in April 2019 by grensposte versprei nadat hulle na hom begin soek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grens ·

So dit is dan nie ‘n Sakeman nie, maar wel ‘n vieslike ou skelm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.