Gauteng se derde vlaag van virus dalk erger

(Argieffoto: Michele Spatari/AFP)

Kenners meen Gauteng betree ʼn “onbekende terrein” met ’n derde vlaag van die koronavirus wat dié digbevolkte provinsie moontlik binnekort erger as die eerste twee gaan tref.

Dít nadat Gauteng nié verlede jaar so hard soos die Wes-Kaap tydens die eerste vlaag getref is nie en talle Gautengers die afgelope Desember met vakansie of by familie in ander provinsies was toe die tweede vlaag die provinsie getref het, verduidelik Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI).

“Hierdie keer is almal in Gauteng. Dis boonop winter en almal is binnenshuis. Ons gaan nou vir die eerste keer sien hoe die provinsie met die grootste bevolking die hardste getref word.”

Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama), glo ook Gauteng se derde vlaag gaan erger as die eerste twee wees. Volgens Coetzee is daar reeds aanduidings dat Gauteng se “opwaartse kurwe” van Covid-19-gevalle reeds die piek van die tweede vlaag verbygesteek het.

Dít kan gesien word in ’n grafiek deur Ridhwaan Suliman, senior navorser by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) waarin die toename in Covid-19-gevalle in Gauteng tydens al drie vlae van die virusinfeksie met mekaar vergelyk word.

“Die Covid-19-syfers is op die punt om vorige pieke te oorskry. Ons betree ʼn onbekende terrein,” skryf Suliman vandeesweek in ’n inskrywing op Twitter.

Volgens Coetzee gaan die derde vlaag nog ’n geruime tyd duur te midde van die winter en gepaardgaande griepseisoen. “Hierdie vlaag gaan nie maklik verby ons gaan nie. Verkoue, griep en Covid-19 lyk nou almal presies dieselfde. Jy moet letterlik elke pasiënt vir Covid-19 toets.”

Mulder voorspel dat Gauteng einde vandeesmaand of begin volgende maand die kruin van sy derde vlaag gaan bereik.

Hy sê dat Gauteng “optimisties” gesproke dan moontlik teen begin Augustus deur die derde vlaag infeksies kan wees hoewel dit “realisties” gesproke eerder teen middel of einde Augustus sal wees indien die vorige vlae as maatstaf gebruik word.

Dr. Cloete Jansen van Vuuren, spesialis in oordraagbare siektes en hoof van die departement van interne geneeskunde by 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, sê op sy beurt Gautengers kan ten minste vir die volgende maand nog ’n beduiende toename in gevalle verwag voordat dit stabiliseer.

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Dít aangesien die positiewe Covid-19-gevalle wat vandag aangemeld word eers oor ’n week of wat sal reflekteer wat hospitalisering betref, sê Jansen van Vuuren.

Hoewel die Vrystaat en Noord-Kaap ook reeds hul derde vlaag van infeksies beleef en hospitale onder druk verkeer, word dié provinsies se probleme “verdwerg” deur die benarde situasie waarin Gauteng tans gedompel is, sê Mulder.

“Die Noord-Kaap en die Vrystaat se hospitale is ook tans onder geweldige druk hoewel dit glo nie vergelyk kan word met Gauteng se situasie nie.”

Ook Jansen van Vuuren meen Gauteng se derde vlaag gaan moontlik erger as die tweede een wees en gee toe dat dié provinsie tans ’n groter krisis as die Vrystaat en Noord-Kaap beleef weens die grootte van sy bevolking.

Mulder voorspel dat die Wes-Kaap volgende is om sy derde vlaag Covid-19-gevalle tegemoet te gaan gevolg deur die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Mulder, Coetzee en Jansen van Vuuren meen dis nou baie belangrik dat Gautengers hulself sover moontlik teen Covid-19 beskerm.

Jansen van Vuuren doen ’n beroep op diegene wat toegang tot die entstof het om hulself te laat inent en groot byeenkomste te vermy terwyl Coetzee meen die enigste uitweg in dié stadium is om weg te bly van plekke waar meer as tien mense bymekaarkom. Dit sluit in winkelsentrums, kerkdienste, restaurante en kroeë.

Volgens Coetzee is die afsonderingsregulasies wat tans geld nié streng genoeg nie.

“Was jou hande,” herinner Mulder op sy beurt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Persheks Adri ·

Kom kyk gerus hoe loop die mense in die Wes-Rand rond! Mense sonder maskers, loop in groepe om nie eers van die volgepakte taxi’s te praat nie daar’s géén venster oop nie ens.

llen ·

ONS weet dat die entprogram power verloop want ons glo nie dat dit enigsins noding is nie, hou nou asseblief op om ‘gogga maak vir baba bang’ holrug te ry! Een van die dae lees ons nog dat elke 6 uit 3 mense doodgaan. Kry liewers al die syfers van al die lande se totale entings volgens n ranglys, dit sal interresand wees om te sien of ons laaste is

Hennie ·

Hoe de hel doen julle ‘n beroep op mense om in te ent as dit nie help nie? Dis fake nuus die! Mense wat Covid 19 onder lede het, het baie meer immuniteit as die was ‘n inspuiting kry met dooie virus in! Van nog altyd af is natuurlike immuniteit daar, van daar die inenting.

Die natuurlike manier is superior, sal altyd wees! Hoe vinniger ons die virus kry, hoe beter. Gaan mense sterf? Ja! Kan ons dit keer? Nie almal nie! Dis die lewe!

Visentjips ·

Jy kan nie ernstig wees nie!! Ons bly in Engeland en het eerstehandse ondervinding van wat nou eers in SA gebeur. Hou op nonsense te glo! Jy is ‘n risiko vir almal om jou…sterkte as jy op ‘n ventilator gekoppel moet word!

Johan ·

Visentjips, hoop jou diktatorskap werk goed v jou uit. By ons is hongersnood ons grootste probleem, so basta, ons het ivomac, tenspeite daarvan dat die regerings dit probeer onderdruk. Einde Augustus us ons almal immuun.

MakersMark ·

Nêrens is daar berigte dat nog 13000 mense die hongersnood virus aangesteek het nie, of dat daar duisende in hospitale is en suurstof moet ontvang vir die hongersnood virus. Al wat sal werk is as 75% van die populasie ingeënt is. En as jy reeds herstel het van CV19 het jy ‘n venster van 6 maande dan is jou immuniteit verby of die virus muteer in mense wat nie ingeënt is nie. Dis die feite en die wat kwaksalwer raad versprei hoop op goed wat nie wetenskaplik so werk nie.

E ·

Wel as ek net kyk na die sosiale verval in SA (nou al amper 70 moorde ‘n dag teen ons vorige jare van 50 dan dink ek die middeleeue is nie baie ver nie, onthou hou ‘n groot deel van die bevolking is amper 100 jaar agter in sosiale waardes.

Alet ·

Jy kan maar eerste in die ry gaan staan by Baragwanath en al die Covid pasiente wat daar inkom soen sodat jy tog net die virus kan kry. Daar is die van ons met ernstige mediese toestande wat weet daar is nie hoop vir ons as ons die virus kry nie. Omdat ons nog nie 60 is nie mag ons nie die ente kry nie. So ek probeer my bes om weg te bly van die virus af. Boonop is ek enkel ouer nadat ek net meer as jaar terug my man aan die dood afgestaan het. My seun het nou net een ouer. So ek moet gesond bly vir hom. Maklik vir jou om te praat.

Francois Le Cochon ·

Die groot probleem met ‘n ” vlaag”, is dat dit groot druk plaas op hospitale. Dit veroorsaak dan meer sterfgevalle. Die baskitaar speler (62) van die groep ” Four Jacks and a Jill” is Dinsdag oorlede agv die hospitaal wat nie meer suurstof gehad het nie. ‘n Verlangse kennis (50) van Uppington is ook verlede week oorlede omrede daar nie ‘n ventilator vir hom beskikbaar was nie.

Piet ·

Wat is die getal,,Het gesien vroeër die week in Kaysands waar ñ klient van my gevestig is mense loop sonder maskers inie Plakkers kampe rond,,,En praat nie eers van die illegal konneksies wat soos spinnerak drade oorie pad hang nie

melaney ·

MAW, indien die illegal konneksies weggeneem word, sal die virus verdwyn?

Johan ·

As jy moet kies tussen n halwe brood (R6) of n masker, watter een vat jy?

E ·

Ons weet mos al in ons land is wette nie werd die papier waarop hulle geskryf is nie. ‘n baie groot persentasie van die burgers sal enige wet breek, want hulle kom mos niks oor nie.

Esme ·

Was sopas in Primrose, Germiston omgewing en niemand dra maskers, niemand handhaaf sosiale afstand en ek sit soos ‘n uil op ‘n kluit in my huis en gaan nerens. Net omdat ek Covid gehad het, en ‘n herhaling wil voorkom.

Smurfie ·

Hier is n shebeen regoor ons huis met 2 tafels binne en buite sit almal op kratte teen mekaar, en dis skokkend om te sien daar is hoegenaamd geen sosiale afstande, mense dra geen maskers, ek wonder of hulle ooit maskers het, en drank word vrylik oor naweke verkoop en huistoe gevat. Ek het gister Corona Virus hotline gebel, maar volgens hulle moet ek plaaslike SAPS bel, en dis dit laaste ding wat jy wil doen want van hulle kliënte is blykbaar daar verbonde. Wat doen mens

Johan ·

Mooi man, einde Augustus is ons almal immuun. Politici is nooit die uitweg nie. Julle vra v lockdown van sommige areas, dan is almal daar oor n week dood aan hongersnood. Dink mense, julle is in Afrika, as ons ekonomie geknyp word, word die aan die onderkant die meeste geraak. Die verwoesting wat jul met jul regulasies saai maak baie meer mense dood as wat jul dink, ek werk elke dag daarmee. En werk dit werklik, hoekom raak so baie siek? Nou gaan julle sê, dat om n masker te dra help, okay, hoekom KAN almal dan nie n masker dra nie, daar is n rede hoekom mense dit nie kan dra nie, dus werk dit nie om dit te probeer afdwing ook nie. Gooi alternatiewe medisyne saam natuurlike immuunstelsel, dis ons uitweg….maar hoe gaan Politici dan geldmaak, oops.

MakersMark ·

As jy dink 58 m mense sal in 6 weke immuun wees teen CV19…….waar kry jy die insiggewende informasie ? Bel die president en vertel hom jou visie. Daar is afrikaners wat smag na ‘n nuwe siener want hul glo daai snert ipv wetenskaplike feite.

Martie Smartie ·

Leke man, die staatsdiens het nou weer rede om vir maande met volle pay by die huis te le, soos hulle al n jaar lank doen.

Martie Smartie ·

Ek sou dink dat dit meer sinvol is om aantal COVID toetse per dag gemeet teen aantal positiewe toetse per dag as ‘n breukdeel uit te druk en ‘n grafiek daarvan te teken. Kan dit gese word dat die aantal toetese per dag in Gauteng bv dieselfde is as n jaar of twee terug? Indien dit verskil, sal die aantal positiewe gevalle verskil. Die geleerdes moet eerder toetse teenoor positiewe gevalle oor ‘n tydeprk en binne ‘n geografiese gedbied bereken.

Martie Smartie ·

Of, soos misdaadstaistiek, toetse en positiewe toetse per 100 000 v bevolking. Mens wonder ook wat die vals uislag koerse is? As die vals positiewe en vals negatiewe koerse noemenswaardig is, is die statistieke natuurlik dienooreenkomstig foutief.

Martie Smartie ·

Grap vd week: Die SA ANC regering gaan 500 000 onderwysers in 10 dae ent. Ek lag my ‘n papie. As hulle 30 000 ent in daardie tyd, sal ek verbaas wees oor hulle doeltreffendheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.