Gauteng sê oor ‘miljoen grafte’

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, dr. Bandile Masuku, besoek ‘n begraafplaas in die Pretoria-omgewing. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die departement van gesondheid in Gauteng het vure doodgeslaan ná berigte dat meer as ʼn miljoen grafte reeds ter voorbereiding van Covid-19-sterftes in die provinsie gegrawe is.

“Die provinsie het nie meer as ʼn miljoen oop grafte nie. Die meer as ʼn miljoen grafte verwys na die gesamentlike kapasiteit wat munisipaliteite kan hanteer,” het Kwara Kekanan, departementele woordvoerder, gesê.

Die LUR vir gesondheid, dr. Bandile Masuku, het Donderdag ʼn begraafplaas in die Tshwane-metrogebied besoek. Dié begraafplaas het ʼn kapasiteit van 24 000 grafte.

Volgens die departement probeer hy deurlopend sy infrastruktuur en menslikehulpbronkapasiteit te midde van toenemende druk weens die Covid-19-pandemie verbeter.

“Ons verstaan sterftes is ʼn ongemaklike onderwerp om oor te praat. Om te verseker dat daar genoeg grafte in die provinsie is, is ongelukkig deel van die werklikheid vir die regering in die stryd teen Covid-19,” het Kekana gesê.

Gauteng, met 81 546 gevalle (34,2%), het in hierdie stadium die meeste Covid-19-gevalle landwyd. Sterftes weens Covid-19 in die provinsie staan tans op 515 en meer as 23 000 pasiënte het reeds van die virussiekte herstel.

Ses lede van die provinsiale gesondheidsdepartement se sogenaamde Covid-19-oorlogkamer het ook positief vir Covid-19 getoets. Dit sluit in die hoof van die departement, prof. Mkhululi Lukhele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Willem ·

Ek weet nie waar hul geleer om so vinnig te lieg oor iets waarop hul alreeds geld uitgegee het nie

Kobus ·

En nou staan niemand tou om sy stukke grond op te eis nie…..

Fedup ·

Nah. This just doesn’t make sense at all.
1 million graves? Will you be helping to fill them, i wonder?

Pieter ·

They use this for the farm attacks – as it is planned against all farmers and their workers and family. (This is a simple Anc + Eff + grave= Farmers). Covid is the smokescreen. We are at war with these parties.

Bite Me ·

Elke gat word seker weer gegrawe teen ‘n hengse koste. Wonder wie het nou weer die lekker tender gekry.

Jan ·

So, mense gaan nie meer aan enige iets anders as die china flu dood nie? Grootste wereldwye bedrogsul in die geskiedenis van die mensdom, vermom as ‘n virus….

Anoniem ·

What a joke, grafte ter voorbereiding van sterftes weens Covid… 515 sterftes sover in Gauteng weens Covid teenoor 21000 moorde in 2019 (okay dit is landswye moorde maar selfs as dit deur 9 provinsies gedeel word is dit 2333 moorde per provinsie per jaar), duidelik is ons regering se prioriteite verkeerd, maar hulle wil lewens red, hahaha ek wonder maar net wat die werklike pandemie is wat Suid Afrikaners doodmaak…

Baardman ·

Laat my nou kliphard wonder vir wie is die grafte nou eintlik. Covid se nuutste sterftesyfer is net meer as 3700.

Suzette ·

Ek glo nie ‘n woord wat hierdie spul sê nie – hulle lieg oor alles. Ek vertrou ook glad nie die Covid statistieke nie. Dit is al oor tyd bewys dat hulle nie erns maak van statistieke nie – nie gepla nie…..

Misky ·

Daar is net oor die 500 duisend sterftes die HELE wereld aangeteken. Wie wil die ANC so graag begrawe?

PH ·

Duidelik weet die Gauteng se slimmes nie dat daar iets soos ‘n “aktuaris” bestaan wat vooruitskatting baie goed kan doen nie. Ek sal graag die berekeninge wil sien hoe hulle by 1 M uitgekom het.. (As daar berekeninge is)

Scalla ·

Ek sien daar word TLB s gebruik, wat is die koste daaraan verbonde, laat die werkloses wat tans grants ontvang dit doen, word sommer uit die kwaad ook gehou en is dan produktief , Is verassing nie die oplossing nie?

agnes ·

Verassing is in elk geval beter en veiliger. Maat dit n MOET

Adam Adriaan ·

Die feite oor die Covid-19 sterftes is totaal en al verkeerd. Ek weet van twee gevall in my onmiddelike omgewing, die een waar ‘n jong vrou in ‘n motor ongeluk oorlede is en die ander waar ‘n vrou aan leukemia (bloed kanker, waaraan sy al jare gely het)oorlede is. Op hulle dood sertifikate is die oorsaak van hulle dood as Covid-19 aangedui. Die hele spul is ‘n georgistrede afêre.

Oe la la ·

mmmmmm…. daar is n HALF miljoen mense WERELD wyd dood aan COVID19 en Suid Afrika grawe 1 miljoen grafte… ek wonder wie maak die somme… want Wiskunde was nog nooit hulle sterk punt nie…

Jakes ·

Die Gautengse premier het ook die virus opgedoen volgens RSG nuus om 11 uur vanoggend. Indien n miljoen mense wel in SA sou sterf sal dit die hoogste wees in enige land ter wereld.

Mariana ·

Ongelooflik hoe daar vasgestel kan word dat daar miljoen gaan sterf weens covid. Nee hier is beslis weer ‘n slang in die gras. Korruptes weer lekker aan die werk. Eerlikheid is mos vloekwoord. En almal deel in hierdie lekker bedrogspul, beursies staan weer boepens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.