Gauteng se topmatrikulante met R5 000 elk beloon

Jacqueline Janse van Rensburg van Hoërskool Oos-Moot in Pretoria Foto: Brenda Masilela/ANA

Dertig van die topmatrikulante vir 2017 in Gauteng is Woensdag elkeen met R5 000 beloon deur die burgemeester van Tshwane, Solly Msimanga.

Die geld het ten doel om die studente by te staan in hul studies aan universiteite.

“Ons het ʼn groot belang by die prestasie van ons leerders oor die algemeen en veral die graad 12-leerders en dit is hierdie belangstelling wat ons daaraan herinner dat opleiding almal se besigheid is en voorwaar ʼn saak vir die samelewing,” het Msimanga gesê.

Die klas van 2017 is die vierde graad 12-groep wat die Kurrikulum-En-Assesseringsbeleidsverklaring (Caps) nasionale senior sertifikaat-eksamen afgelê het. Die leerders het ʼn nasionale slaagsyfer van 75.1% behaal, ʼn verbetering van 2.6% van die 72.5% in 2016. Altesaam 401 435 leerders het die eksamen afgelê.

Gauteng het ʼn slaagsyfer van 85.1% behaal, dieselfde as in 2016 en plaas die provinsie in die tweede plek.

“Ek loof Jacqueline Janse van Rensburg van Hoërskool Oos-Moot in Pretoria as die topmatrikulant in Gauteng,” het Msimanga bygevoeg. Sy het nege onderskeidings ontvang en beplan om vanjaar medies te studeer aan die Universiteit van Pretoria.

“Ek het al noodhulp gedoen, so ek weet klein bietjie hoe die liggaam werk en hoe mens iemand kan help en dis vir my interessant,” het sy gesê.

Koketso en Bonolo Rakgalakana, ʼn 18-jarige tweeling van Mamelodi Secondary School, was ook deel van die toppresteerders. Die tweeling het elkeen sewe onderskeidings behaal en beplan om aan die Universiteit van Kaapstad te studeer. “Ons help mekaar en leer saam. Ons was al van jongs af toppresteerders,” het Bonolo gesê. Koketso gaan chemiese ingenieurswese studeer en Bonolo wil meganiese ingenieurswese studeer.

Msimanga het leerlinge, wat nie geslaag het nie, aangemoedig om ander opsies te oorweeg om hul matrieksertifikaat te bekom. “Ek doen ʼn beroep op die families, bure en gemeenskappe om alle graad 12-leerders by te staan wat nie geslaag het nie.”

Tshwane-burgemeester Solly Msimanga met Gauteng se toppresteerders Foto: Brenda Masilela/ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alida ·

Tenminste kyk Solly na die bestes afgesien van kleur. Bravo Solly stap in die regte rigting. SARU moet “look and learn”

jaco ·

Standaarde is so laag om die slaagsyfer hoog te hou, dat die slim kinders wat die sogenaamde top-presteerders is, die eksamens besonder maklik vind en dan met talle onderskeidings slaag. daardie 95 tot 100% wat hulle behaal het, is nader aan 70 tot 75% as dit gemeet word aan wat die standaarde in die ou SA was.
Baie van hierdie top presteerders is ook wit. gaan hulle ook elkeen R5000 kry? hulle is mos nie :voorheen benadeelde” mense nie.

Deon ·

Nou ja Jaco, terwyl jy nou so slim is , plaas asb vir ons jou matriek punte van toeka se tyd.

Deon ·

Nou ja Jaco , terwyl jy so slim is , plaas asb vir ons jou matriekpunte van toeka se tyd.

Rupert Ashford ·

‘n Lekker goeie nuus storie. Dankie Maroela en welgedaan aan die Stad Tswane. Sterkte ook aan al die voornemede studente – dit is ‘n reuse stap opwaarts maar met groot belofte. En kyk asb na die outjies wat dit nie gemaak het nie – waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg as die gemeenskap na hulle kinders kyk.

Afrikaanse Knaap ·

Daai Solly is ‘n yster. Ek hou baie van hom.
Geluk aan al die kinders. Ek hoop julle tyd op universiteit is lekker.
Spaar daai R5000 want glo my vry dit koop deesdae bitter min.

Hans ·

Dit is goeie nuus en gee mens n smile op jou gesig met als wat aangaan.
Ek sal alle negatiwiteit hier uit die storie uit los.
Dankie aan al die wat dit tog kan en maak werk.

Colleen ·

Het hy dit uit sy eie sak betaal of die belastingbetaler se geld sonder toestemming gebruik?

DS ·

Regtig Colleen! MY belasting geld kan ENIGE tyd vir DIE positiewe doeI aangewend word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.