Gauteng se Valke-baas geskors

hawks valkeDie Valke het Dinsdagaand bevestig dat sy hoof in Gauteng, genl.maj. Shadrack Sibiya, geskors is.

“Ek kan bevestig dat hy geskors is, maar ek kan ongelukkig nie besonderhede gee nie, aangesien dit ʼn interne saak is,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê. “Ek kan bevestig dat vroeër vandag [Dinsdag] geskors is met volle betaling.”

Mulaudzi het gesê die skorsing sal geldig wees so lank as wat die ondersoek duur en die Valke sal seker maak dat alle prosesse gevolg word. “Die ondersoek sal nie in gedrang gebring word nie. Ons sal seker maak dat die prosesse gevolg word sonder om enige iemand te benadeel.”

Victor Nkhwashu, prokureur vir Sibiya, het vroeër bevestig dat sy kliënt die kennisgewing van skorsing omstreeks 15:30 ontvang het. Hy het Dinsdagaand gesê hy kon nog nie met Sibiya vergader om die saak te bespreek of verdere opdrag te ontvang nie. Hy het Dinsdagaand net na 21:00 gesê hulle sal Woensdag vergader.

Nkhwashu het bevestig dat Sibiya se skorsing verband hou met sy beweerde betrokkenheid in die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in November 2010.

Lees alle vorige berigte oor die Valke op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lillian ·

Ja, en hoekom is hy geskors? Omdat hy sy werk doen en JZ se maatjies ondersoek … maar as jy korrup is kom jy weg daarmee want jy word deur die ander korruptes beskerm!

Piesang republiek!

Drieks ·

Jip, die Gupta landing is veiliger vir ons land as om die Zim mense huis toe te vat.
ANC kry darm net nie mense met verstand aangestel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.