Gauteng se verkiesingsuitslae kom teen slakkepas in

GautengTerwyl verkiesingsuitslae van dwarsoor die land Donderdag teen ʼn bestendige tempo by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale verkiesingsentrum in Pretoria instroom, moet uitslae uit Johannesburg glo nog ingehandig word.

Gauteng verteenwoordig ʼn groot prys vir politieke partye. Die provinsie het 6 063 739 geregistreerde kiesers, en teen 07:26 is slegs 297 950 nasionale en 284 898 provinsiale stembriewe getel.

Teen 07:26 is 149 778 stemme vir die ANC in dié provinsie getel, die DA was tweede met 94 270 stemme en die EFF derde met 23 479 stemme.

Volgens ʼn Sapa-verslaggewer is inligting van die Stad Johannesburg nog nie beskikbaar nie. Johannesburg is die stad met die grootste bevolking in Gauteng. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.