Gauteng skole dalk gesluit oor ‘onaanvaarbare’ slaagsyfer

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Nege onafhanklike skole wat in die afgelope matriekeksamen ʼn slaagsyfer van minder as 40% behaal het, kan moontlik gederegistreer word.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het in ʼn verklaring gesê by drie van die nege skole het nie ʼn enkele matrikulant geslaag het nie. “Hierdie drie skole het almal ʼn slaagsyfer van 0% aangeteken, wat vir die departement totaal onaanvaarbaar is,” het sy gesê.

“Alle onafhanklike skole is verplig om onderwysstandaarde te handhaaf wat nie swakker is as dié van gewone openbare skole nie. In hierdie geval is daar geen openbare sekondêre skool wat in die afgelope matriekeksamen ʼn slaagsyfer van minder as 50% behaal het nie. Onderprestasie is een van die gronde waarop die registrasie van onafhanklike skole teruggetrek kan word,” het sy gesê.

Gauteng sde skole het ʼn slaagsyfer van 84,22% in die afgelope matriekeksamen behaal, 0,4% minder as 2014 se slaagsyfer.

Volgens Sekhonyane sal Edward Mosuwe, die hoof van die departement, kennisgewings aan al nege skole stuur dat die departement van plan is om hul registrasie terug te trek. “Die skole sal dan ʼn voorlegging aan die HOD moet doen met redes waarom hul registrasie nie binne die volgende 30 dae teruggetrek moet word nie. Die HOD sal na aanleiding van hierdie voorleggings oor die skole se registrasie besluit.”

Sekhonyane het gesê indien die skole deur die departement toegemaak word, sal die leerders met hul ouers se toestemming na openbare skole oorgeplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wouter ·

Vervang die onderwysers en bring die rattang terug. Duidelik werk nie een van die twee in daardie skole nie.

Wouter ·

Vervang die onderwysers en bring die rattang terug. Duidelik werk nie een van die twee in daardie skole nie. My buurman se dogter het twee jaar gelede haar onderwys graad aan Kovsies gekry en sy kry nie werk nie. Seker haar vel kleur.

DPJ ·

Wouter jou slim kind. Jy kan mos sien dit is ‘n vinger probleem.

Liewe lulu ·

Omw daar druip hulle alweer want jul het nie n skool nie

hester ·

Daar is reeds te min skole. Vervang die onderwysers met streng, pligsgetroue onnies wat lief is vir hul werk. Dit sal reg uitwerk as daar dissipline is.

Johan ·

Hierdie privaat instansies is n goeie een om werk te skep en voor te gee dat hulle uitblinkers is. My dogter het vir een van hulle skool gegee terwyl sy by die selfde instansie se “Varsetie” studeer het net om na die drie jaar agter te kom dat sy haar geld in die water gegooi het, want nerns word die sogenaamde BA graat erken nie

AmY ·

Jy kan daai kinders in ñ topskool indwing ; hulle sal steeds druip.

Eliza-beth ·

Swak onderwysers. Party van daardie kinders word deur die skooljaar na jaar deurgesit en dan met ‘n onafhanklike eksamen soos in matriek kom di tuit hulle weet niks. Nou wil hul die skole sluit en baie van daardie kinders sal nie vervoer hê na ander skole. Die uiteinde, hulle gaan nie verder skool, kry nie werk en kan nie geld inbring nie en dus wend hulle hul tot misdaad. So oms kole te sluit is NIE die oplossing nie. Ek kan jou ook amper wed daai onderwysers is bitter min self by die skool. Hulle moet liefs die kinders ondervra en uitvind wat presies aangaan by die skole en dit regmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.