Gauteng-skole: Net ʼn paar honderd nog op waglys

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het Donderdag aangekondig dat die waglys vir kinders wat nog in skole geplaas moet word van nagenoeg 58 000 na 377 gekrimp het.

Oupa Bodibe, woordvoerder vir die departement, het gesê dat al hierdie leerders teen die einde van dié week geplaas sal word.

“Daar is ook 19 536 nuwe aansoeke wat die departement eers in Januarie 2017 ontvang het. Sedertdien is 15 657 leerders al geplaas. Daar is dus ʼn oorskot van 3 879 leerders,” het Bodibe laat hoor.

Daar is dus altesaam 4 256 leerders wat nog geplaas moet word (377 is dié wat in 2016 op die korrekte wyse aansoek gedoen het, en 3 879 leerders is van die nuwe/laat aansoeke wat die departement in Januarie 2017 eers ontvang het).

Bodibe het bygevoeg dat die departement tevrede is met die vordering wat tot dusver gemaak is omdat dit die eerste jaar was wat die departement daarop aangedring het dat alle aansoeke aanlyn gedoen moes word.

Bodibe het ook genoem dat die matriekvraestelmerkers wat nog nie betaal is nie nou uiteindelik hul betaling sal ontvang. “Die departement en die provinsiale tesourie het die betalings goedgekeur en verwerk. Dit sal na verwagting binne vyf werksdae in die merkers se rekeninge reflekteer.”

Die departement het weereens om verskoning gevra vir die vertraging met die betalings. “Die diens wat die merkers lewer, is vir ons baie belangrik om die resultate tydig beskikbaar te stel, daarom vra ons weer om verskoning,” het Bodibe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Nog n onbevoegde departement wat Zuma vandag in sy “state of the nation” gaan loof en prys vir hulle bydra tot presies dit…. Want die Nasie IS in n STATE…n maaaase toestand! Lees die berig inslyitend van opskrif en sê vir my die ONDERWYS DEPARTEMENT kan somme maak??????? Of dit nou vir n begroting is om mense te betaal…of hoeveel kinder wanneer waar moet skiolgaan!! PATETIES!!!!

NOnna ·

Foeitog .. alle skole is seker nou tot hulle maksimum gedruk, jy het aanvanklik jou kind in ‘n skool gesit waar hy meer indiwiduele aandag kon kry waar daar 25 of 30 leerders in ‘n klas is, nou is daar 50. Afrikaanse skole word GEDWING om Engelse onderwysers aan te stel en NET Engels vir sekere leerlinge te gee. Dit is NIE lekker om te lees nie, want ek wed jou daardie Engelse leerlinge betaal nie eers skoolgeld nie .. maar dit sal verswyg word.

Hendrik ·

Afrikaans suig aan die agter agter speel. hoe lank gaan dit wees dan is daar geen speen meer nie. En ons kruip maar net geduldig voort.

Alida ·

Ek hoop die bouwerk vir nuwe skole het al begin want die geboortes van 2012 moet volgende jaar skooltoe en daar is miljoene.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.