Gauteng-skole: Nog duisende leerders geplaas

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die aantal gr. 1- en gr. 8-leerders wat nog nie in Gautengse skole geplaas is nie, het drasties afgeneem.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het Dinsdag gesê dié aantal leerders is verminder na 3 366. “Dit bring die aantal leerders wat wel geplaas is op 318 544 te staan. Altesaam 176 702 van hulle is in gr. 1 geplaas en 141 842 leerders in gr. 8,” het Mabona gesê.

Die toelatingsproses het op 2 Mei begin en op 12 Junie 2017 gesluit.

“Teen einde Junie is daar 285 834 aansoeke ontvang waarvan 285 455 geplaas is.”

Dié aansoekstelsel is weer in November 2017 heropen vir laat aansoeke. Tydens dié tydperk is aansoeke van nog 22 921 leerders ontvang en 22 309 van hulle is intussen geplaas.

Sedert 13 Januarie vanjaar is 13 155 nuwe aansoeke ontvang en 10 780 van dié leerders is al geplaas.

Die departement het glo oorplasingsaansoeke van 395 leerders van ander provinsies en lande ontvang. Dit sluit leerders van Zimbabwe, Burundi en Indië in. Gautengse skole het aansoeke van 61 leerders van die Vrystaat, 56 leerders van KwaZulu-Natal en 51 leerders van Limpopo ontvang.

Mabona het gesê die aansoeksentrums in verskeie distrikte het gehelp om die agterstand te verminder en sal nog tot 31 Januarie beskikbaar wees.

Die departement het die ouers bedank vir hul samewerking, geduld en begrip.

“Ons sal alles moontlik doen om alle ongeplaasde leerders teen einde Februarie te plaas. Ouers word aangemoedig om hul aanbiedinge van skole wat nie hul eerste keuse was nie te aanvaar omdat talle skole volle kapasiteit bereik het,” het Mabona gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dawie ·

Alle leerders moes al op 17 Januarie geplaas gewees het. Tipiese voorbeeld waar die staat betrokke is werk niks nie. Kyk net hoeveel verloor die leerders wat nog nie geplaas is nie.

John ·

Wat probeer die onderwysdepartement eintlik bereik. ‘n Mens hoef nie slim te wees om uit te werk dat meer graad 1-leerders jaarliks plek in skole moet kry nie en dat nog skole dringend nodig is… maar die probleem kry nie aandag nie. So hoe gaan die krisis opgelos word? Toi-toi vol oorvol skole gaan nie help nie. Miskien moet ‘n paar vername siele voor die hof gedaag word vir die opstook van onrus en omdat kinders hul grondwetlike regte ontse word tov hul opvoeding.

Hans ·

Wonder net waar word daar skielik plek vir die kinders gekry word-seker 60 arme kinders in een klaskamer. Geen beplanning van enige aard

Pieter ·

Daar is n probleem en dit gaan nie help om die afrikaanse skole te probeer kaap nie bou groter skole en stel kompeterende mense aan wat nie n verskuilde agenda het oor hulle haat vir afrikaanssprekendes maar n oplosing kan kry vir die probleem

Adele ·

Ek stel voor… Kom op voorbehoed middels en hou op om 8 kinders te wil hê as jy nie een 2 kan onderhou nie. S.A is reeds oorbevolk en solank as wat ons wonderlike regering nie nog skole kan bou (en ons kan net weet waar daai koffers vol geld heen gaan) nie… gaan dit net erger en erger word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.