Gauteng-skole: Só maak jy as plasing foutief is

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) moedig ouers en skole aan om dié organisasie te kontak indien die departement se plasing van leerlinge by Gautengse skole foutief is.

Skole het Vrydag plasingslyste vir volgende jaar vanaf die Gautengse departement van onderwys ontvang.

Gautengse ouers kon in April en Mei aanlyn aansoek doen om plek vir hul kinders in gr.1 en gr.8, maar moes dokumentasie by die betrokke skole ook inhandig. Die departement het Vrydag ’n lys aan elke skool gestuur van leerlinge wat die departement hier geplaas het.

Ouers het nie vanjaar die opsie gehad om hul voorkeur taal van onderrig aan te dui nie, maar Melanie Buys, hoof van stelsels aan die SOS, sê die departement se plasings moet steeds ooreenstem met die skool se eie toelatingsbeleid.

Buys sê skole moet die lyste vanaf die departement met hul eie lyste vergelyk. As die twee lyste verskil, moet die skool se beheerliggaam die saak met die departement opneem en die kwessie deur konsultasie probeer oplos. “Indien die skool en die departement nie tot ’n vergelyk kom nie, moet die beheerliggaam ’n dispuut teen die departement verklaar. Sou die probleem nie deur samesprekings opgelos word nie, sal die SOS in samewerking met die Federasie van Suid-Afrikaanse Skolebeheerliggame (Fedsas), litigasie namens skole teen die departement oorweeg.”

Ouers van leerlinge wat plek in die skool van hul keuse gekry het, sal ’n SMS vanaf die skool ontvang. “Ouers het sewe dae om op die SMS te reageer, anders verval die aanbod om plek in die betrokke skool. Dit is dus belangrik dat ouers eers op die SMS antwoord voor hulle gaan skoolklere koop, ten einde hul kind se plek in die skool te verseker.”

Skole en ouers wat probleme ervaar kan die SOS per e-pos kontak by [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Esther ·

MEC Lesufi is werklik besig om die klits kwyt te raak. Sy idee is om meer wanorde in skole te skep, dit is mos die orde van die dag. Sommige mense kan wakker geskud word, ander kort n klap, vir sekeres is daar nie hoop nie.

Hanna Hoekom ·

Die feit dat ouers nie die opsie gehad het om hul voorkeur taal in onderrig te kon kies nie, vertel my hier is weereens n hengse slang in die gras! Dit beteken dat jou kind in die naaste township skool geplaas kan word en visa versa. Something’s cooking…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.