Gauteng-skoleregistrasie laat nie ruimte vir moedertaalonderrig nie

Argieffoto (Foto: goconqr.com)

Die burgerregte organisasie AfriForum is bekommerd oor die invloed wat die Gautengse aanlyn skoleregistrasieproses op die bestaande taalbeleid van Afrikaanse skole gaan hê. Hierdie proses kan lei tot die plasing van kinders in skole wat wel naby hul huis of ouers se werkplek is, maar nie in hul moedertaal onderrig gee nie.

Maroela Media het vroeër berig inskrywings vir 2019 vir graad 1 en graad 8 in skole in Gauteng open Maandag (16 April 2018) en kan slegs aanlyn gedoen word.

Panyaza Lesufi, die LUR vir Gautengse onderwys, moedig ouers aan om hul kinders by enige skool te registreer, ongeag of die skool onderrig in die kind/ers se gekose taal gee. Volgens Steve Mabona, die departement se woordvoerder, is die oplossing dat enkelmedium Afrikaanse skole voortaan na ’n parallelmediumstelsel met Afrikaanse en Engelse klasse moet oorskakel. Dit sal onhaalbare uitdagings aan skole en die departement se hulpbronne stel. Statistieke van die provinsie bewys bowendien dat parallelmediuminstellings vroeër of later verengels. Hierdie plan sal onderwysgehalte in die provinsie, en veral die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal, dus ingrypend benadeel.

“Volgens Lesufi is 98% van leerlinge wat verlede jaar betyds geregistreer is, by die skole van hul keuse geplaas. Dit is dus uiters belangrik dat Afrikaanse ouers flink moet optree en hul kinders vinnig moet inskryf om op só wyse te help dat skole se taalbeleide onveranderd bly,” sê Carien Bloem, projekkoördineerder vir onderwys by AfriForum.

Volgens Bloem moniteer AfriForum dié proses en plasings en sal dié organisasie enige pogings om Afrikaanse leerders se reg op moedertaalonderrig te bedreig, teenstaan.

Ouers wat onseker is oor hoe die aanlyn registrasiestelsel werk, of meer daaroor te wete wil kom, is welkom om die inligting op AfriForum se webblad te bekom. Nuus daaroor kan verder op AfriForum se Facebook-blad onder die hutsmerk VirSkole (#VirSkole) gevolg word.

Ouers kan AfriForum bystaan in aksies om Afrikaans as onderrigtaal in skole te beskerm. SMS jou “Naam” na 42314 (R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Elize Geldenhuys ·

Here, help ons dat ons nie ook met haat en bitterheid wil reageer nie. Help dat dit nie binne ons kom nesskop as ons taal doelbewus met soveel listigheid vernietig word nie.

Werner ·

Waarmee moet ons dan reageer? Oorgawe? Draai nog ‘n wang? Ons kan nie juis die “ander” wang draai nie, want ons nekke is al seer wange gedraai. Ek persoonlik is verby die hele versoening en oorgee en weggee en wangdraai.

rooi nek ·

hoekom slegs aanlyn registrasie? die sê mos hard en duidelik lesufi-manipulasie. is dit nie tyd dat daar indiepte na sy “werk” gekyk word nie of is hy veronderstel om die Afrikaans onderrig elimineerder te wees. ek is oortuig sy kontral sê hy !oet van Afrikaans ontslae raak. howveel swart ouers kan buitendien die “aanlyn” registrasie doen? ek wed julle by townshipskole kom 9/10 op skool opening aan vir registrasie. moet daar jaar na jaar groot duur hofsake wees omdat hy Afrikaans (of is dit blankes) haat?

Magda ·

Nee ONS BAKLEI TERUG. Afrikaners word stuk vir stuk gestroop van alles wat saak maak. ONS STAAN SAAM EN VEG TERUG. PUNT.

Rina ·

My opinie Afriforum kan dit ook hoe teenstaan Lesufi en die departement het klaar hieroor besluit en ons weet hul stroom net voort. Ons moet besef die einde van net Afrikaanse skole is insig en daarom ander planne beraam om meer privaat en bekostigbare afrikaanse skole daar te stel.

Andrea ·

Ptivaatskole is die enige oplossing. Dit hoef nie onbekostigbaar duur te wees nie. Maak gebruik v kerke se katkisasieklasse, onderwysers wat afgetree het, ens. Dit kán werk.

Johann Marx ·

Andrea, natuurlik kan dit werk, maar het ons die WIL om dit te laat werk? Jy’t vergeet om by te voeg…..as ons al die geld wat tans aan hofsake en klas-aksies en binnegevegte bestee word ook beskikbaar stel kan daar met groot sukses Afrikaanse Skole vir Blanke Afrikaanse kinders beskikbaar gestel word…..Al wat ons kort is die WIL en RUGGRAAT om op te staan vir ons kinders se toekoms en dit te begin implementeer. Laat die Blankes wat dan hulle kinders na Swart Engelse Skole toe wil stuur (omdat die toekoms so gaan lyk) dit gerus doen.

Willem ·

Waarom “herontplooi” (wat ‘n pragtige kopsmokkelwoord, dit kan op of af wees of na enige kant toe) hulle hom nie na ‘n ambassadeurspos nie, deporteer hom sommer, hy sal enige land na sy pype laat dans sonder om die land te afronteer. Nog beter, maak hom president van SA, net om hom weg van die skole te kry.

John ·

…. en CR is ook ons president en waar is sy besorgdheid oor die Afrikaners? Duidelik nie en hy hou hierdie sellfde mense in hul poste wat Zuma aangestel het. CR wil gewild wees… ‘ held der helde onder die swartes en elders. Hy wag vir die Mandela-mantel om oor sy skouers vanuit erens op hom af te daal…. buitlandse reise… standbeelde…. eerbetogings…. daai goue koets… en geld reen sy Stigting boordensvol en… moenie asem-ophou nie. Sarkasme is sy forte, so ons sal vas moet staan en bid vir lig en Hulp want aardse wesens gaan die Afrikaners bly’ vertrap. Die grandieuse begrafnisse wat die ANC nou gebruik vir blatante opswepery is gevaarlik en dui die pad aan wat ons nuwe leier verkies: emosies en massa-aksie…

Oom Kalahari ·

Afriforum mag maar bekommerd raak oor die Afrikaanse taal, sy kultuur, Godsdiens en bestaansreg. Die haat is so groot en die skrif is teen die muur om hierdie unieke taal tot ‘n algehele val te bring. In al my jare wat ek van weet is Engels as tweede taal by die Afrikaans sprekende Studente, leerlinge en Opleidings Sentrums gebruik en toegepas sonder enige probleme en op alle vlakke goed gekommunikeer. Hoe sal dit voel as daar gepoog word om swart tale uit te faseer en se net Engels mag gebruik word. Dit is oneties om iemand se bestaansreg in sy kultuur en taal te weerhou en waarom kan skole nie volgens leerling voertaal bestaan nie. Nie lank nie dan sal Lesufi aandring dat enige leerling wat Afrikaans op skoolvlak praat op sekere straf maatreels gestraf moet word. Die strategie is im die Afrikaner te laat val en uit te baster.

Gerrit ·

Boikot die skole , betaal geen skoolfonds die wet sê jy mag nie weggewys word nie.Hoekom moet jy betaal vir n diens wat jy nie ontvang.

Francois le Cochon ·

In terme van die Nasionale Kredietwet, word skoolgeld nie betaal vir dienste gelewer nie, maar word skoolgeld betaal in term van die SA Skolewet. Daarom mag skole nie rente hef op uitstaande skoolgeld nie.

jaco ·

Verstaan wit Afrikaanssprekendes dan nie Engels nie? Is ons dan nou “dommer” as Afrikaanssprekende kleurlinge en swart sprekers van Zulu, Tswana ens? Ek sien nie een van hulle kla oor alles verengels nie. Lag eerder vir ons anti-wit regering wat nou ‘n wit Europese taal bevorder; ‘n taal waarin miloene mense dwarsoor die British Empire onderdruk is.
Wit Afrikaanssprekendes wat so kla oor verengelsing, gee net alle wit mense ‘n sleg naam. Uiteindelik word ons almal onderdruk omdat ons glo almal “reaksionêr” en “teen transformasie” is, net omdat ‘n klein minderheid onder ons gekla het oor nonsens.
Taal maak ook nie wit boere dood nie. Taal lei ook nie tot Afrikaner-plakkerskampe weens regstellende aksie nie.
Sit eerder effort in goed wat wel verander kan word: begin buurt- en plaaswagte om ons mense te beskerm. En begin casual werk te gee vir wit werkloses.
Nou kla julle oor ‘n sentimentele kwessie soos taal. Dis ‘n mors van tyd, geld, energie en produktiwiteit.

Gemaskerde Sopbeen ·

Arme Jaco……verstaan ook nie waaroor alles gaan nie, doen jy? Ek kan vier tale vlot praat, lees en skryf……….maar ek studeer, kuier, leef en het my mense lief in Afrikaans. Dit gaan nie oor WAT jy praat nie………..dit gaan oor WATTER taal jy in groot geword het. Dit vorm die grondslag van jou karakter, van wie jy is, en wat jy met jou lewe gaan maak. Ai ou Jaco………..as mens vlak is, is alles wat jy lees seker diep, né

Gerrit ·

@ Jaco , jou opinie maar more vat die chinese oor dan buig jy weer voor hulle en verklaar wat fout is met chinees , ek vrees om te weet wat jou redenasie is sou die muslim geloof die christen geloof domineer oor n paar jaar van nou.Daar is elf landstale en nee niemand is te onosel om engels te praat of te lees en skryf nie maar hoekom mag my kind nie opvoeding kry in sy huistaal nie, en net so my Zulu buurman hoekom kan sy kinders nie in Zulu leer nie veral op laerskool.Ek verstaan nie hoekom mense soos ek jou laat sleg lyk nie dit is mense soos jy wat die anc onderdrukker die moed en vertroue gee om die wit afrikaner totaal te verneder en te stroop van al sy waardigheid oor mense soos…U…net instem en toegee en saterdag by die braai kla oor alles en nog wat.Die vraag wat jy jouself moet afvra is aanvaar ek alles oor ek geen rugraat en trots het nie of se ek nee genoeg is genoeg en doen iets omtrend dit

Bekommerd ·

Artikel 29(2) van die Grondwet is ingestel om die balansering van regte te verseker, deur te waarborg dat elkeen die reg het op onderrig in die taal van hul keuse aan ‘n openbare onderwysinstelling. As ons kinders geweier word of forseer word om in n taal wat nie hul moedertaal is nie, onderwys te ontvang het ons die reg volgens die grondwet om regstappe te neem? Ek is seker daar sal nog n paar artikels in die grondwet toepaslik bygevoeg word by n aanklag onder andere diskriminasie, ontneeming van menslike regte ens. Hulle kan verskoonings opmaak soos hulle wil, afrikaans word aangeval met die doel om uit te wus. Net nog n manier om ons tot ons kniee te dwing.

Oom Kalahari ·

@Gemaskerde Sopbeen, Gerrit en Bekommerd…..dankie vir jul stellings en uiteensetting hoe dit werklik is. Wou nie op die Jaco seun se kommentaar reageer nie, want hy het seker nie kinders of kleinkinders wat blootgestel word nie. Hoekom moet my kleinkinders blootgestel word aan ‘n onderdrukkers taal van die verlede en hul voertaal is Afrikaans en leer wel Engels as tweede taal aan. Waarom hul forseer om net in Engels te mag optree en my reg van taal ontneem. Waarom nie skole en opleiding verskaf in elkeen se voertaal en ook Engels daarby en nie aanhoudend aanvallend wees teen die blanke Afrikaner en sy regte as minderheid. Gemengde vrugte konfyt is nie vir almal nie asook nie elke huishouding wil dit gebruik en eet nie.

Eish ·

As ek na die spelling en taalkonstruksie in vele van bogenoemde kommentaar kyk, staan ek verstom oor waarom ons bekommerd is oor die “eksterne aanvalle” teen Afrikaans. Ons is dan ons eie vyand! Luister gerus ‘n bietjie hoe “mix” ons ons taal! Ons eie mense se spel- en taalvaardigheid is slordig en weerspieël ‘n argeloosheid, maar Boeta, laat iemand nou ‘n hou mik na my taal, dan verdedig ek dit asof ek die grootste kampvegter vir Afrikaanse taalsuiwerheid is. Begin eers jou taal respekteer deur dit reg en keurig te gebruik (en leer dit sommer vir jou kinders ook) voordat Lesufi se belaglike uitsprake die hoenders in die hoenderhok laat rondskarrel.

Gerrit ·

Presies my punt Eish nou hoe dink jy gaan dit oor 10 jaar lyk as al die afrikaanse kinders in engels onderig word dan gaan net jy ordentlik kan skryf en spel.

Casper Labuschagne ·

Die skrif is aan die muur. Die enigste plan B wat ek kan sien is tuisonderrig want plan A is om skool te gaan as deel van ‘n kulturele minderheid in ‘n Engelse skool.

Eish ·

Gerrit, Lesufi wou bitter graag hê dat ons rondskarrel oor sy uitsprake. Soos “Bekommerd” tereg vermeld het, is die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 daar om individue se regte te beskerm en is ons Beheerliggame regtens by magte om die skole se onderrigtaal te bepaal. Ek dink die LUR is bloot aspris. Inskrywings by skole het oor die algemeen goed verloop vandag – ongeag die heer Lesufi se poging om almal om te klits. Dankie vir die mooi kompliment oor goeie taalgebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.