Gauteng-spoedvraat jaag teen ‘rekordspoed’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gautengse motoris is Vrydagaand op die N1 naby Ventersburg in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy glo tot dusver die “rekordspoed” vir die feesseisoen aangeteken het.

Die man het glo teen 221 km/h gery. “Verkeersbeamptes het die motor vir 830 meter agtervolg voor die motoris aangekeer is,” het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), Saterdag gesê. “Hy is na die Ventersburg-polisiestasie geneem waar hy amptelik aangekla is. Dit is die hoogste spoedoortreding wat nog hierdie feesseisoen aangeteken is.”

Nog ʼn motoris is op die R34 in Odendaalsrus, ook in die Vrystaat, in hegtenis geneem nadat hy teen 199 km/h gery het.

“Motoriste word gewaarsku dat dit ʼn kriminele oortreding is om die spoedgrens te verbreek en ʼn groot bydraende faktor tot noodlottige ongelukke. Verkeersbeamptes is op al die hoofroetes en alternatiewe paaie ontplooi.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

jjb ·

As hy so vinnig gery het is dit seker die remmerke om te stop

Dee ·

Ek het ook oor daai ene gewonner:-) 830m agtervolg voor hy aangekeer is – dìt moes met ‘n vuurpyl gewees het!

Stefaans ·

Die ou jaag teen 221 km/h en hulle keer hom binne 830m aan?

Ivan ·

@ Joe, Dink jy hulle kan so ver hardloop. Ek verbeel my daar is n KFC daar naby waar hulle gewoonlik sit.

Andre ·

Hy behoort nie ‘n boete of tronkstraf te kry nie. Hy behoort tot pasiënt van die Staat verklaar en in ‘n inrigting geboender te word. Geen mens van normale, rasionele denke doen so iets op ‘n openbare pad nie.

Naas Vermaak ·

Daar sal dan baie van ons in daai inrigting wees – spoed het nie so baie met ongelukke te doen soos wat mense beweer – veel eerder swak bestuursvermoe en oordeel. Vandag se bogemiddelde motors ry maklik daai spoed en is veilig teen daai spoed. Baie van ons openbare paaie is ook goed genoeg daarvoor en met lang veilige gedeeltes – nee, wat, die miskruierryers en vele ander is van meer gevaar en irritasie op die pad as die blaam wat hulle kry.

Jollie Jacqueline ·

Spoed beperkings is daar vir ‘n rede. Jy mag net 120 ry op die highway. Nie meer nie, maak nie saak of die kar so vinnig kan ry nie.

arie plaasboer ·

@ Andre,
Jou kommentaar dui duidelik op vooropgestelde opinies wat nie met die werklikheid rekening hou nie.
Ter inligting – ek het self al teen daardie spoed iewers op `n snelweg gery. Daar het GEEN ONGELUK of BOTSING plaasgevind nie en ek is nog steeds SPRINGLEWENDIG, verseker by my volle verstand en beslis nie `n kandidaad om as staatspasient in `n inrigting oorweeg te word nie.
Ek het selfs `n M-graad aan `n SA universiteit behaal.
@ Naas Vermaak,
Soos jy beweer is onbeholpenheid, onpadwaardigheid (van mens en masjien), bestuur onder die invloed van bedwelmende middels (soos ook alkohol), onvermoee om `n voertuig te bestuur en “miskruieragtige” optrede veel eerder die oorsake van motorbotsings, soos wat ek dit aan my eie lyf ervaar het, nadat `n ander persoon teen baie hoe spoed aan die verkeerde kant van die pad teen `n blindehoogte op gestorm het en reg van voor teen my motor gebots het, waar ek teen minder as 60 kph gery het.
(Hof uitspraak: My aandeel aan die botsing 0% – die ander party se aandeel 100%).
QED

scalla ·

Is die skrywer van die berig dalk gerook, 83 km miskien indien hy weggejaag het, of as dit te voet was sal ek dit graag wil sien, seker n redbull gehad na die kfc.

Zelda ·

Naas. Ek het vir traffic gewerk. Spoed is die oorsaak van meeste ongelukke. Dis waarom daar spoedbeperkings is.

Marius ·

Ek het het al baie gese die tipe moet hulle op eie onkoste by Milpark hospitaal laat aammeld. Hulle moet dan vir so n maand die draagbaar trollie van die helikopter stoot en daarna was. So kan hulle dalk tot insig kom hoe stukkemde mense lyk.

Johann Marx ·

My kar is veiliger teen 221km/h op die Autobahn….as teen 80km/u langs ‘n “informele nedersetting” verby. As hierdie persoon op ‘n stil reguit stuk pad teen 221km/h gery het, wie se lewe het hy bedreig? Nou word hy gearresteer…..maar kom kyk hier by my…21 mense in ‘n taxi, waarvan elke wiel in ‘n ander rigting wys, vol duike reg rondom gestamp, vensters wat my maskeerband vasgeplak is, deure wat net aan een skarnier hang, geen rigtingwysers of remligte nie, 90km/u in ‘n 60-sone…..en daaraan word niks gedoen nie? Om iemand in ‘n lokval te vang wat vinniger as die spoedgrens ry, bevorder nie padveiligheid nie……….dit maak net geld vir die oorgewig verkeersbeamptes wat hulle “bribes” aanvul met ‘n maandelikse salaris.

Jooste Rossouw ·

Dankie tog Johann ek het regtig begin dink die Suid Afrikaners is breindood maar ek sien nou daar is darem 1 uit 9 wat verstand het. Ja dis veiliger in SA OM ROOI VERKEERSLIGTE te igonoreer solank jy net nie op stil paaie jaag nie!!#

Zelda ·

En as daar iets voor jou inhardloop op daai spoed? Nee wees nou logies … J kan nie veilig wees op daai spoed nie…. Wirl wat bars?

Zelda ·

Nee ek stem nie saam nie. Enige iets kan gebeur…. Wiel wat bars…. Dier wat voor jou inhardloop…. Kom nou… Dis mos belaglik om te dink j is veilig op so hoe spoed en wie dink hy ( en al die ander spoedvrate) is hy-hulle om my lewe of die mense wat ek liefhet so in gevaar te stel op die pad.

Paul ·

Die autobahn het elektroniese borde wat spoedbeperkings wys. Die beperkings wissel na gelang van omstandighede. Die N1 by Ventersburg is baie besig. Daar is ook ‘n paar draaie waar jy beslis beperkte sig het. Dis heeltemaal te vinnig. Ek het al 200 km/u gery, maar in die Noord Kaap, waar die uitsig baie beter is, maar dit bly altyd ‘n risiko. Wat maak jy as jy om ‘n daar ‘n draai kom en skielik is daar ‘n groot skilpad voor jou?

arie plaasboer ·

@ Zelda,
….en as die hemele val het ons almal blou hoedjies.

Dee ·

Daar is min sinvolle kommentare tussen diè spul crab reaksies!

Dee ·

Kommentare het later meer sinvol geword. Die slimmer mense het eers die winties kans gegee.

Christiaan Fourie ·

Wat van die edele Mnr Zuma se bloulig-brigade wat daardie spoed sommer so oop en bloot op die land se nasionale roetes handhaaf….? Niks fout daarmee nie!???

Fritz ·

Twee swart kolle maak nie ‘n wit kol nie! Omdat taxibestuurders die wet oortree kan ek maar teen 221 km/uur ry?

Fritz ·

Twee swart kolle maak nie ‘n wit kol nie! Omdat taxibestuurders die wet oortree kan ek maar teen 221 km/uur ry? Op die stil pad begin ‘n boer met sy trekker en sleepwa die pad oorsteek. Hy het die kar sien aankom maar dit was nog vêr. Dit neem 10 sekondes om die pad te kruis. Teen 221 km /uur het die kar 600 meter afgelê. Word daar iemand se veiligheid bedreig? Verseker!

Alf Pierce ·

Nyweraars sal indringend na die ontwikkeling van die Trekkers en sleepwaens moet begin kyk, dit sal dalk ongelukke uitskakel en verhoogde produksie vir die boer met n Turbo.

Rupert Ashford ·

Hy moet sy lisensie vir ‘n jaar of langer verloor en sy kar moet ‘n 1 x 1meter blokkie metaal gemaak word…sonder enige kompensasie.

Ria ·

Enige iemand wat beweer die N1 tussen Kroonstad en Ventersburg en tussen Ventersburg en Winburg is ‘n stil pad is ‘n groot AAP. Van die land se meeste noodlottige ongelukke vind op daardie pad plaas. Roekeloosheid gepaardgaande met spoed speel ‘n groot rol daarin.

GES ·

Wetstoepassing word verwelkom. Wetstoepassers het egter die neiging om op sagte teikens toe te slaan wat relatief baie min gevaar vir padveiligheid in hou. Onpadwaardige en veral oorlaaide voertuie word dikwels oor die hoof gesien. Die rede is waarskynlik, soos seker geraai kon word dat die oortreder nie ‘n vaste adres of ‘n goeie inkomste het nie. Dus nie ‘n goeie vangs nie.

Ben ·

My Mercedes kan 300-KPU haal volgens You-Tube. Hy is veilig met ABS, ens, ens en al die ander goeters, maar ‘n hoenderhok met 4-wiele is onveilig teen 30-KPU! Die Nando’s brigade sal die ou in die Mercedes vervolg maar nie die hoenderhok nie en dan vêrder onder die boom slaap of uitpass!? Regvêrdigheid is en was nog nooit SA se sterktepunt nie.

Karel Sieta ·

Ben, nog nie ‘n 1985 E-Class gesien wat 300 kan doen nie

Dee ·

Karel, jou kommentaar kry die ‘Kommentaar van die Dag’ toekenning!
(Jy sal maar met Maroela moet konsulteer oor die prys maar ek belowe jou dit sal ook nie 300kmu kan haal nie:-)

Andre ·

Ja nee, ek sien daar gaan nogal heelwat in daardie inrigting wees. Vir al die opgeblase ego’s hier: Hierdie tyd van die jaar is al ons land se hoofweë natuurlik tjoepstil. Al ons land se hoofweë is van Autobahn-gehalte of beter. Hier bestaan natuurlik geen spoedbeperking waarbinne meeste motoriste probeer hou nie. Sies tog. Blaas bietjie af julle ego’s en kyk of gesonde verstand nie wil inskop nie. My motor kan wel nie so gemaklik 220 km/h haal nie maar ek ry heel gemaklik teen wat ook al die spoedbeperking my op ‘n stuk pad toelaat.

lizelle ·

Daar is padwerke op daardie pad. Die pad het baie gate en die windgatte met hulle vinnige karre is so ongeduldig dat hulle nie kan wag tot dit veilig is om verby te gaan nie.
Nee wat sluit toe en gooi die sleutel weg.
Taxi’s is n ander saak wat op n ander manier hanteer moet word.

Piet Pompies ·

Die skatryk bestuurder betaal sy afkoop boete van R4000 en hou aan om die wet te oortree…..

Sarie ·

Wat van die roekelose taxi’s wat maar ‘n hand vol omkoopgeld in die verkeersbeampte/metropolisielid se hand stop en maar net weer verder op sy doodstog ry? Moet daar nie meer aandag aan hierdie tipe vervoer en die manier waarop taxi ons paaie in moordtonele omskep gegee word nie. Uit die berig klink dit nie vir my of hierdie man wat ten 221 kmp gery het enige gevaar vir enigiemand anders ingehou het nie maar elke keer wanneer ‘n oorlaaide taxi op die pad gaan stel dit honderde mense se lewe in gevaar

Dee ·

Sarie, waaruit maak jy die afleiding dat hynie ‘n gevaar vir ander was nie? Waar lees jy dit?
Indien daar passasiers in daardie kar was moet sy boete hoër wees en nòg hoër as daar kinders in die kar was.

Paul ·

Die N1 by Ventersburg, kan glad nie met die autobahn vergelyk word nie. Ander gedeeltes van die N1 is Autobahn standaard. Die Autobahn is orals, waar ek gery het dubbel, met ‘n versperring. Ek het 1100 km van die autobahn gery.

Johannes Meintjes ·

… en wat van die hooggeplaasde maar lae IK jaagduiwels in die “baie belangrike bloulig brigades” op ons paaie?

Paul ·

Die Autobahn het elektroniese spoed beperkingsborde. Die spoedbeperking wissel na gelang van omstandighede. Jy moet oë oop jou daar want dit kan verander, veral as daar ‘n ongeluk was. Die N1 by Ventersburg het plek-plek beperkte sig en dis onnosel om so vinnig daar te ry. ABS en EBD remme gaan jou nie help, as jy om ‘n draai kom en iemand, of ‘n dier loop oor die pad en verkeer kom van vooraf nie.

Lourens ·

As spoed ongelukkig veroorsaak moet geen Formule 1 bestuurder n wedren te oorleef nie. Dis dom heid, onbevoegdheid, swak bestuur wat ongelukkig veroorsaak.

Andre ·

Lourens en ek neem aan almal wat teen daardie tipe spoed op ons paaie bestuur het die vermoë van ‘n Formule 1-renjaer. En ek aanvaar, vlg jou redenasie, dat soos op ‘n renbaan, daar op ons paaie geen aankomende verkeer is of enige ander faktore wat hierdie jaer se rit kan beïnvloed nie….

Frans ·

As jy wil weet hoe veilig jou motor is besoek een of meer skrootwerwe en sal spoedig agterkom dat geen voertuig veilig is en dat alles wat aan jou vertel is eintlik net ‘n illusie is is.

Frans ·

Al die slimgatte wat ontken dat spoed nie ‘n bydraende faktor is nie wel hier is ‘n stukkie nuus- stilstaande voorwerpe kan nie bots nie!

Anti-spoedvraat ·

Aan almal wat voel daar is niks fout met die spoedgrens oortree op n “autobahn” terloops ons is in SA nie Duitsland. Hier word voorwerpe van brue afgegooi ens. Ekt ook geen probleem daarmee gehad om lekkerrrr vinnig te ry nie. Tot een aand wat n dronk bestuurder besluit het dat hy n vinnige U-turn voor my op die hoofweg kan maak. So imagine die impak van tussen 170-180 km p/u en dit het so vinnig gebeur dat ek nie eers kans gehad het om rem te trap nie. Het n hele ruk daarna wakker geword in die hospitaal. Dus my dure les = speed can kill.

Frans ·

Anti-spoedvraat

Bly om te sien en te hoor jy het die ongeluk oorlewe.Die grootste probleem is dat motors op die oog af veiliger voel weens al die ekstra veiligheidstoerusting waarmee moderne voertuie deesdae toegerus word.

Dit skep egter ‘n valse gevoel van gerustheid want win mense besef dat die kontakpunt
van ‘n band op die pad niks groter is as ‘n man se hand nie. Dit is waarom mense as hul
op sand of so iets ry soms banddruk verminder in ‘n poging om die kontakpunt te vergroot.

As jy werklik wil sien hoe goed jou voertuig vaar google http://www.wreckedexotics.com en kyk bv hoe goed vaar mercedes benz ens.

Vom Hageldoring ·

Blykbaar maak ‘n M-graad jou stupid. Jy is eksponensieel minder in beheer soos jou spoed opgaan. Dan is hoë spoed ongelukke ook meer fataal. Dus spoed is gevaarlik en klaar. Julle jaag junkies probeer net julle self oortuig dat dit nie so is nie, maar ons almal weet julle praat snert.

Andre du Toit ·

Sluit toe sonder ‘n boete……wat maak dit saak of dit 830 meter 0f dalk 8,3 km is. Die feit is dat die persone onverantwoordelik is. Bie persone vekleineer vekeersbeamptes tog kla as hulle nie op hulle pos is as daar ‘n nood is nie. Die meeste van hulle is nie my gunsteling agv hulle gedrag ..tog is hulle nodig.

Harry ·

Wil voorkom asof die meerderheid lesers se tjorretjies nie vinniger as 120km/h veilig kan haal nie. Daarom al die jaloerse kommentare !!
Maar hulle bly die swak skakels in ons vervoerstelsel wat ons maar moet verdra. Hulle voel dis veilig om teen 60km/h op dieselfde pad aan te karring, sonder flikkers, remligte, of die gebruik daarvan. Het het ervaar hoe verkeersmanne by Cradock sit en kyk hoe op ‘n blinde hoogte verbysteek word en dan die bestuurder groet. Verkeersmanne by Ventersburg darem in ‘n duisend maal beter klas, waarvan ek ook kan getuig, hoe ander onverskillige bestuurdrs summier “reggehelp” word. Die kritiek teen hulle regtig onregverdig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.