
Argieffoto
ʼn Gautengse motoris is Vrydagaand op die N1 naby Ventersburg in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy glo tot dusver die “rekordspoed” vir die feesseisoen aangeteken het.
Die man het glo teen 221 km/h gery. “Verkeersbeamptes het die motor vir 830 meter agtervolg voor die motoris aangekeer is,” het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), Saterdag gesê. “Hy is na die Ventersburg-polisiestasie geneem waar hy amptelik aangekla is. Dit is die hoogste spoedoortreding wat nog hierdie feesseisoen aangeteken is.”
Nog ʼn motoris is op die R34 in Odendaalsrus, ook in die Vrystaat, in hegtenis geneem nadat hy teen 199 km/h gery het.
“Motoriste word gewaarsku dat dit ʼn kriminele oortreding is om die spoedgrens te verbreek en ʼn groot bydraende faktor tot noodlottige ongelukke. Verkeersbeamptes is op al die hoofroetes en alternatiewe paaie ontplooi.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
49 Kommentare
830 meter?
Die ou jaag teen 221 km/h en hulle keer hom binne 830m aan?
@ Joe, Dink jy hulle kan so ver hardloop. Ek verbeel my daar is n KFC daar naby waar hulle gewoonlik sit.
Hy behoort nie ‘n boete of tronkstraf te kry nie. Hy behoort tot pasiënt van die Staat verklaar en in ‘n inrigting geboender te word. Geen mens van normale, rasionele denke doen so iets op ‘n openbare pad nie.
Is die skrywer van die berig dalk gerook, 83 km miskien indien hy weggejaag het, of as dit te voet was sal ek dit graag wil sien, seker n redbull gehad na die kfc.