Gauteng swaai om oor voedselverspreiding

Hannes Noeth, hoof van Helpende Hand, help kos uitdeel in Derdepoort. Foto: Verskaf.

Die Gautengse departement van maatskaplike werk het egter Donderdag die riglyne rakende die verspreiding van kosskenkings teruggetrek.

Panyaza Lesufi, tydelike LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die provinsie, het in ʼn verklaring gesê dié besluit is geneem nadat hulle verskeie klagtes ontvang het dat dié regulasies dit vir organisasies bemoeilik om kos aan behoeftiges te versprei.

Volgens die departement belemmer die onttrekking egter niemand om met die departement saam te werk om voedsel te versprei nie.

Regulasies het aanvanklik vereis dat alle kos by sentrale punte van die departement afgelaai word sodat die departement beheer oor die verspreiding daarvan kan uitoefen.

Die welsynsorganisasie Solidariteit Helpende Hand het dié nuwe aankondiging verwelkom.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sê die organisasie is verheug oor die skynbare onttrekking van die beplande riglyne.

“Helpende Hand het van die begin af gesê dat die riglyne en maatreëls nie wettig kan wees nie en dat Helpende Hand se werkswyse wettig en in ooreenstemming met veiligheids- en gesondheidsregulasies is. Nieregeringsorganisasies moet wettiglik toegelaat word om te doen wat hulle moet doen sonder om teengestaan te word,” het Noëth gesê.

“Helpende Hand het van die begin af teen Lesufi se riglyne vasgeskop en die terugtrek van die regulasies wys dat ons die regte ding gedoen het.”

Helpende Hand het onlangs, in samewerking met die Cradle of Hope-sentrum, ʼn hofaansoek ingedien teen die regering se riglyne om kosverspreiding te sentraliseer en te reguleer.

Noëth het gesê Helpende Hand sal, in die lig van die nuwe verwikkeling en met die steun van die vakbond Solidariteit en AfriForum, met sy regspan oor sy regsposisie beraadslaag.

“Die media sal in kennis gestel word sodra ʼn besluit oor dié kwessie geneem is, maar tans is ons verheug dat Lesufi die regulasies teruggetrek het. Dit is ʼn duidelike reaksie en antwoord op ons hofaansoek,” sluit Noëth af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lorna ·

Issit mag jul witplakkers kampe ook help
Vat hul n tydjie om te besef die mense daar buite is van vlees en bloed

capie ·

Regulasies terug getrek? Regtig. Soos ons die skelms ken word dit net volgende week in die staatskoerant gepubliseer en dan kom die hofaansoek veel later en se die hof om met die regering te beraadslaag of hulle sit netv weer hulle regter in die bank

Genis ·

Hulle besef nie aldag, hoe hulle onbevoegde besluite mense beinvloed nie…

Jaco ·

is dit nou vir die verspreiding van kos na alle rasse, of net na “our people”?
Ek vra maa net, want soveel keer probeer wit mense PRESIES wat swart organisasies doen, en dan moet hulle hoor “jammer, maar wat julle doen geld nie vir wit mense nie. hou dadelik op”

Jack ·

Paralel hiermee kan ons almal seker onthou hoe bykans alle wetgewing voor 1994 van die wetboek berwyder is en vervang is met dit wat nie werk nie. Dit is en word nou stelselmatig weer ingevoer omdat dit vir 40 jaar lank gewerk het. Hoop alles verander terug.

Jaco ·

Ek stem saam: bring apartheid terug. Skuif wit mense uit en laat ons die slagoffers van apartheid wees. Maar dan is ons darem eenkant en is ons gedwing om onsself te help om weer aan die gang te kom en sinvol te oorleef

Meyndert ·

As dit by Panyaza Lesufi en wit mense kom sal hy tot sy eie kinders en moeder benadeel as hy tog net die wit mense kan bykom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.