Gauteng: Verhoging in e-toltariewe aangekondig

Argieffoto

Argieffoto

Die Outomobiel Assosiasie (AA) het Woensdag in ʼn verklaring motoriste in Gauteng gewaarsku dat die e-toltariewe op 1 Maart met ongeveer 5% sal verhoog op paaie wat deel vorm van die Gautengse hoofwegprojek (GFIP).

Volgens die AA is die verhoging in Dinsdag se staatskoerant gepubliseer, maar die inligting verskyn nie op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se webwerf nie, en die organisasie is ook nie bewus van enige Sanral-klante wat direk hieroor in kennis gestel is nie.

“Die kennisgewing in die staatskoerant maak nie enige melding van ʼn wysiging op die beperking vir klante wat van e-tolskyfies gebruik maak nie,’ lui die verklaring. “Hierdie verhoging kom skaars ses maande nadat die tariewe verlaag is weens teenstand deur die publiek, en afslag van tot 60% aangebied is aan gebruikers op uitstaande fakture voor September 2015.”

Volgens die AA is die aankondiging die jongste poging deur Sanral om sy pogings op te skerp om seker te maak dat gebruikers vir die tolstelsel betaal. “Ons sou weereens verkies het dat Sanral hierdie inligting openbaar gemaak het en om ondersteuning te probeer bekom, eerder as om op ander organisasies, soos onsself, te steun om die media en die publiek in kennis te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

alida ·

Ek ook !!!!!Wie betaal in elk geval die bollie wat hulle self veroorsaak het. Mens eet nie voor jy gebid het nie en dit is wat hier gebeur het. Bou eers die pad en skarrel dan rond vir betaling. Hulle kon ‘n les of 2 by die Gautrain gaan leer het. Die betalingsmetode is heel eerste ondersoek en geimplimenteer. Jy sal nie op daai trein klim voor jy betaal het nie. DIT is eerste wereld metodes wat gebruik is. Maar nou-ja ons bly in ‘n derde rommelstatus land – wat verwag mens?

humor ·

z Het baie beloftes gemaak en die studenteonluste raak hewiger. So daar moet planne gemaak word. Sanral sal moet n donasie maak.

Clara F ·

E toll op….eskom op….medies op…brandstof op….kos se prys op…salaris bly dieselfde

Ronel ·

Is daar regtig mense wat betaal? Ek het n woord vir hulle ………oops kan dit nie hier se nie. EK SAL NIKS BETAAL NIE!!!!!!!!!!!!

Louise ·

Kan nie omgee of prys 100% opgaan of af, sal nogsteeds niks betaal nie!

Pieter.v ·

Laat die brandstof prys n paar sent styg dan betaal ons almal die taxis ingesluit en dan sal daar minder geld verduister word want hoe meer staatskasse hoe meer bedrog.

Boggom ·

Pieter.v, sien jy miskien taxi’s volmaak waar jy volmaak? Nee, want daar waar hulle volmaak kry hulle subsidie, brandstof deur ons wittes gesubsidieer SONDER ons goedkeuring!

Marina ·

Wow, is dit net ek of is al die e-tol gebruikers verward? Het ek iewers iets gemis? Eers is daar sprake van e-tol gelde wat terug betaal gaan word aan e-tol (betalende) gebruikers omdat spesifieke e-tol stelsels nie wettige stappe gevolg het voor oprigting nie. Daarna was allerhande bangmaaktegnieke (meestal onwettig en nie afdwingbaar nie) gebruik om die uitstaande e-tolgelde te verhaal van nie-betalers. En nou is daar sprake van ‘n 5% verhoging?! Ek is BAIE bly dat ek nie naby daai e-tolpaaie bly/werk nie!

Elize ·

Ek stem saam met Jul almal ek sal ook nie betaal nie. Ek het 2 rekeninge van hulle. In ons omgewing is daar NIE een van hulle betaal punte nie so jammer ek gaan nie nog brandstof mors om een te gaan soek nie.

Henri ·

My raad aan die onnosels wat skyfies gekoop het, steek dit weg van julleself, agter in ‘n laai of so. julle betaal ‘n onwettige klomp kriminele met onwettige toerusting, sels hul skuld-invorderaars maatskappy , die vorige met die blou embleem en die nuwe, was nog nooit geregistreer by die Skuldinvordering Raad nie en is dus ook onwettig (Debt Collectors Council of SA) Omkoopgeld betaal is ook onwettig, m.a.w. hoe meer hulle vra, soveel minder oortree ek die wet op opmkopery. Amen

Henri ·

So terloops, Terugbetaling, skryf dit af. Soek op OUTA se web werf vir antwoorde en ondersteun hulle

boeremeisie ·

whahahahahahaha asof iemand met verstgand dit gaan betaal!!!!!

WIELE ·

Ek hou daarvan dat hulle verhogings inplementeer so in die stilte… Ek wens net eintlik dat hulle die tariewe openlik bekend maak; dan weet ek ten minste hoeveel meer ek spaar deur nie te betaal nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.