Gauteng-verkeersbeamptes geskiet

blouligTwee verkeersbeamptes is Donderdagaand in Heidelberg, Gauteng, geskiet en gewond terwyl hulle aan diens was.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die Heidelberg-polisie, het gesê die beamptes, onderskeidelik 46 en 52 jaar oud, het die R550 patrolleer toe ʼn wit Volkswagen Golf hul voertuig op ʼn sperstreep verbygesteek het.

“Die beamptes het die bestuurder van die voertuig versoek om af te trek, maar die persoon het weggejaag,” het Tshilate gesê. “Die beamptes het hulle agternagesit. Een van die verdagtes het by die voertuig se venster uitgehang en op die beamptes losgebrand.”

Albei beamptes het ernstige skietwonde opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.