Gauteng-vrou doodgeskiet toe sy gaan draf

Foto: Verskaf.

ʼn Jong vrou, vermoedelik 30 jaar oud, is Dinsdagoggend doodgeskiet terwyl sy in Johannesburg gedraf het.

Kapt. Mohlaume Mamabolo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 06:00 Dinsdagoggend op die hoek van Aloestraat en Zinniarylaan in Marlboro Gardens plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 07:00 saam met die Stad Johannesburg se nooddienste by die toneel opgedaag.

Die polisie was reeds op die toneel.

“Die paramedici het die vrou se liggaam aan die kant van die pad aangetref. Sy het skietwonde aan haar bors sowel as haar maag gehad. Daar was ongelukkig niks wat ons vir haar kon doen nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Mamabolo het gesê ʼn saak van moord word ondersoek. Hy kon nie in dié stadium bevestig of enige iets tydens die voorval by die vrou geroof is nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Werner ·

Het haar seker vir haar horlosie en skoene geskiet. Raak net al hoe erger.

rina ·

Ons land is uiters siek, hier bly meer misdadigers as goeie mense. Hoe graag wil ek nie nou die land verlaat nie, ek is soooooo moeg vir al die geweld en dan ook sit ons met ‘n president wat haat aangedrewe dade teen ons mense wil doen, dit raak onuithoudbaar

Bok ·

Ons moet aanvaar ons lewe ‘n “gansters paradise soos die regisstaie aandui “GP “.

Al wat ons kan, doen lewe voor bereid en lewe vanuit die Chrustelike geloof en vertrou God drie eenig vir jou en famile se beskerming.
Het ons nie dalk ons Chrustelike roeping anterweë geskyf nie en op ons eie deur die lewe probeer wil gaan nie???

Haan ·

Dis die punt: die regime ís die helhool… En niemand het óóit beheer oor n helhool

Piet ·

Ek wonder of dit nie iemand is wat geskiet is omdat sy n witmens is nie. Dalk is dit nog n haataanval. Het iemand meer besonderhede?

Siek & sat vir simpel kommentaar ·

Piet, ek vind jou kommentaar heeltemal onnodig. Hier is n hele paar mense wat net behep is met “wit mense” se dood. Wees eerder bekommerd oor MENSE in die land vermoor word. Weet ook nie hoekom daar ook baie keer verwys word na “hulle” & “ons” nie. Mense word daagliks vermoor, hetsy dit nou blou, pers of groen mense is.

Aaklig ·

Piet WEET nie of sy wit is nie DIS HOEKOM HY VRA< en nou val julle hom aan?? Wat se mense is julle?

Piet ·

Ek vra verskoning vir my onnodige vraag wat sommige lesers ontstel, ek dink egter daar moes seker ‘n motief gewees het vir die aanval. Die media skroom nie om n aanval op n swart persson as rassisties te bestempel nie. Sal hierdie ook net n “onverklaarbare” aanval wees op n persoon, soos die jong rugbyspelertjie wat noudie dag sy lewe verloor het? Moet die vraag nie juis gevra word, “waarom al die geweld”, of het dit ons nuwe normaal geword?

ferdi ·

Welkom in di misdaad paradys wat nasionalesport is ho ka n enige regdenkende besigheid geld hier wil bele

BB ·

Ek stem saam met Siek & sat vir simpel kommentaar. Die meeste kommentaar is baie negatief en help niks. Dit verdiep net die kloof tussen mense.

@ BB ·

Shame, vind julle politiek korrektes so belaglik, dit is eintlik TRAGIES dat julle nie eers die moord op ‘n vrou kan betreur nie net omdat julle POLITIEK korrek wil wees en tog nie die KLOOF tussen “mense” wil vergroot nie .. so diegene wat doodgemaak word moet maar stil stil verbygaan solank die KLOOF wat Malema oopkap net nie groter deur die witmense gemaak word wat oor hulle geliefdes TREUR NIE!

Oom Kalahari ·

En so gaan dit elke dag wanneer die son sy kop lig, dan is die vrese daar oor wat hierdie dag gaan inhou en hoevele mense se lewens weer ge-ruineer word. CR tree nie erkenend op oor misdaad nie en is meer produktief op die gebied van onteiening van grond sonder vergoeding. Hierdie land het ‘n regte moord staat geword.

Ekke ·

Kan ons asb die laaste paragraaf veander”Niemand gaan vir die voorval inhegtenis geneem word nie”

Annie ·

Ek hou van jou laaste paragraaf. Want dit is wat hulle altyd se en jy hoor nooit weer iets daaroor nie.

Reguit ·

Dít is hoeveel ‘n lewe in Azanië werd is. Wie sien ‘n toekoms vir sy/haar kinders in só ‘n land??

christa ·

Die ou veilige SA bestaan nie meer nie, die nuwe SA is in ‘n oorlog zone omskep. Wie moet ons bedank…….???????

Joe ·

Ongelukkig nie n oorlog sone nie, want dan kan mense nog hulself verdedig.

gustav barkhuysen ·

dis wat gebeur as die anc wat ‘n kommunistiese party is aan bewind is

Oom Gert Snr ·

Ek lees daagliks die kommentaar van nuusberigte. Stem saam met “siek en sat vir simpel kommentaar”. Dit is so dat mense van alle rasse blootgestel is aan geweldadige optrede. Kriminele elemente. En dit gebeur daagliks. Die vraag is hoe meet ons die oplossing / suksesvolle afhandeling / gevolge / veranderde houdings / ingesteldhede?. Verder vra ek my die vraag af of positiewe beplanning / uitvoering van beplanning en tydskale hieraan verbonde oor tyd, wel die verandering / ingesteldheid wat voorsien word, kan ontmoet / bereik. Die vlak van die samelewening is van so ‘n aard dat opvoeding / verandering van enige element van lewe eb bedryf so ver tekort skiet, dat met die voortsnel van “dedryf” van die lewe, nie soveel verandering sal teweeg bring vir diegene wat dit werklik begeer nie. Een of ander tyd sal ongelukkigheid meer weeg as tevredenheid. As pensionaris is dit vir my belangrik om veilig te bly, te reis en goed te doen aan minder bevoorregtes. Onthou alle mense het behoefte aan sekuriteit op alle vlakke van die samelewing. Erkenning en menswaardigheid. Besonder die wat dit werklik nie ervaar nie en ook niks daaraan kan doen nie.

NIE SIEK EN SAT NIE ·

Hoekom is julle SIEK EN SAT omdat mense vra of slagoffers vermoor is omdat hulle WIT is? Dit is ‘n reuse probleem in SA, en of jy nou dit WIL hoor of nie .. MENSE WORD VERMOOR Agv hulle VELKLEUR. Dis glad nie negatief om te vra nie, aangesien die MOTIEF van ‘n moord altyd vasgestel moet word tydens ‘n ondersoek, en as die motief rassehaat was IS DIT ‘n probleem wat aangespreek moet word . so FACE IT . as jy nie wil SLEGTE en NEGATIEWE nuus kry nie MOENIE enige koerante lees nie .. HOU op om julle gesigte van die WAARHEID weg te draai ..

Maureen ·

Doodgeskiet vir geen rede!! Wat de heng gaan aan in hierdie land???!! Elke dag loop onskuldige mense deur, wit, swart, geel, pers en groen…almal loop deur. Landsburgers vrees vir hul lewens maar die regering hou hulle met NONSENS op. Pleks hul eerder die misdaad-epidemie aanspreek. Hul prioritieite is duidelik nie reg.

Ek is ‘n enkelma wat ‘n vroegoggend draf/stap geniet voor/na werk, maar die afgelope 5-6/5 jaar kan mens dit nie meer waag jou voete uit jou huis sit nie – net verlede week ‘n dame om die hoek aangerand en beroof. Jy is NERENS meer veilig nie. As jy nie by die werk is nie, is jy agter slot en grendel tuis. Ons lewe soos kluisenaars in ons eie huise uit vrees vir misaad!! Ek weet nie meer of ons mense in SA ooit weer veilig sal wees nie. Misdadigers het nou behoorlik die oorhand.

Oordryf ek of wat? Ek kan nie die enigste een wees wat so voel nie….

Bla-Bla-Bla ·

Bla-bla-bla- net soos my naam se gaan almal met segoed voort asof dit die hele saak ongedaan gaan maak en eweskielik is als weer reg. “Surprise”….niks wat ons se gaan n verskil maak nie, en al neem hulle wie ookal in hegtenis gaan dit nie die slagoffer weer lewend maak nie!!!! Nog n lewe en nog n gesin/familie se lewe total en al verwoes!!! Siek-Siek-Siek

Joe ·

Ek gaan gekruisig word, maar mens gaan draf nie daardie tyd van d dag nie. Punt. Dis nog donker en moeilikheid soek.
Baie simpatie met die dame se geliefdes. Hoop die skuldige party/e word aangekeer.

Nel ·

Dis ontstellend / tragies / en al wat ‘n byvoeglike naamwoord waaraan ek nog kan dink, MAAR plaas jy nie jou lewe en veral as jy ‘n vrou is, op die spel om sesuur in die oggend te gaan draf nie en dit nogals in JHB?

MM ·

klink soos gang initiation……. lafaards wat weerlose mense doodskiet, wegkom en pics share to rise in the ranks

Annie ·

Ek wil ook graag gaan draf, oggend, middag of aand. Maar dis net te gevaarlik. Sit nou maar en dik word op die stoep. Seker net so onveilig in hierdie hell hole van n land.

Rob ·

Waar is daai mense nou wat in 1994 geglo het in ons nuwe, verbeterde, demoktratiese land?
Die deuntjie ‘Vryheid, Voorspoed, Vrede’ weergalm nog in my kop.
Wanneer lieg ‘n politikus? – As sy lippe beweeg!

Elsa ·

Sigbaarheid op die paaie kan die moordenaars stuit, perde, sekuriteite en polisie moet oral gesien word, jaaaaa dit is moontlik..teveel onskuldige mense word vermoor en aangerand en wat is die regering se antwoord hierop? of weet hul kwansuis nie soos wat hul nie weet van al die moored op plase?

Wonder ·

Hoe hartseer is dit nie. Sterkte aan die familie. Ek kry baie mense wat daai tyd in oggende draf of stap as ek werk toe ry. Skurke loop vry rond, maar ons sit in ons eie tronke en te bang om te gaan stap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.