Gauteng-vrou verdrink tydens Suidkus-vakansie

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Vakansieganger het Woensdag in die see by die KwaZulu-Natalse Suidkus verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na die toneel by Manabastrand ontbied nadat lewensredders ʼn vrou uit die see getrek het. Die vrou, wat glo van Vanderbijlpark afkomstig is en met vakansie was, het op die strand gelê en geen reaksie getoon nie.

Paramedici het dadelik mond-tot-mond-asemhaling toegepas in ʼn poging om die vrou by te bring. Volgens Botha is die vrou later ook op ʼn handventilator geplaas, maar dit was tevergeefs. Sy is op die toneel dood verklaar.

Sondag het ʼn toeris van Rusland in Durban verdrink nadat hy by Noordstrand gaan swem en in die moeilikheid beland het. Slegs twee dae vantevore het ʼn pasgetroude paartjie van Ierland wat in Suid-Afrika op hul wittebrood was in die see by Plettenbergbaai verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dee ·

En twee tieners het verdrink by uShaka in Durban op die 20ste van hierdie maand.

Lindie ·

My innige simpatie aan die familie lede. My man het ook 9 jaar terug by Manabastrand verdrink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.