Gauteng-vrou verloor álles ná gru-botsing

Marlene in die hospitaal (Foto: Verskaf)

Nadat ʼn Gautengse vrou vroeër vanjaar die dood vrygespring het in ʼn grusame botsing net buite Brits in Noordwes en vir ʼn tweede keer om haar lewe in die hospitaal moes baklei het, het dié botsing nou daartoe gelei dat sy haar huis, haar motor én haar werk verloor het.

Die 29-jarige Marlene Appel vertel Donderdag aan Maroela Media sy kan nie “veel onthou” van dié botsing wat in April vanjaar so byna haar lewe geëis het én nou boonop haar hele lewe ineen laat stort nie.

Appel was op pad om ʼn vriendin by haar huis net buite Brits af te laai toe sy in ʼn botsing betrokke was. Haar motor en die ander bestuurder se motor het reg van voor gebots.

“Ons het die een oomblik nog rustig gesels en die volgende oomblik het ek net ligte voor my gesien. Ek het onmiddellik geweet dit is reeds te laat; daar was nie geleentheid vir my om uit te swenk nie. Ek het die ligte gesien en die slag gehoor. Ek dink enige mens is maar geweldig bang vir die dood in so ʼn oomblik, maar die adrenalien skop onmiddellik in.”

Appel was ná die botsing by haar volle bewussyn en het self vriende gebel om die ambulans na die toneel te ontbied. Haar vriendin het haar bewussyn in die slag verloor.

“Ek weet nie waar ek my selfoon in die hande gekry het nie,” vertel sy. “My liggaam was halfpad uit die motor; my bolyf was vasgekeer. Die bestuurder van die ander motor het op die toneel gestaan en ek het vir hom gesê: ‘Help my!’ Hy het benoud net gesê: ‘Bel die polisie.’ Ek het kort daarna seker my bewussyn verloor; ek kan niks verder onthou nie.”

Appel, wat onder meer gebreekte ribbes, ʼn gebreekte been en pelvis en ʼn gebreekte heup opgedoen het, en haar vriendin is albei gehospitaliseer. Haar vriendin is sowat twee weke later ontslaan, maar ʼn maande lange herstelpad het Appel in die gesig gestaar omdat sy nié ʼn mediese fonds het nie.

Die motorwrak (Foto: Verskaf)

Haar ondervinding by dié staatshospitaal beskryf sy as ʼn totale nagmerrie. “Die dokters het aanvanklik oorweeg om eers my been te amputeer omdat hy byna heeltemal vergruis het in die ongeluk. Hulle kon genadiglik daarin slaag om die been te red.

“Dit het eers later weer baie slegter met my begin gaan: die wond het septies geraak en ek het sepsis opgedoen. Dit was in só ʼn gevorderde stadium dat die sepsis amper na die res van my liggaam versprei het. Ek het later nog twee operasies ondergaan waarna die sepsis elke keer teruggekeer het.”

Appel sê in haar tyd by dié hospitaal het sy te doen gekry met ongelooflike swak higiëniese toestande en verpleërs wat glo glad nie in staat is om hul werk uit te voer nie. “Daar was kokkerotte in die hospitaal. Ek moes ʼn kateter gebruik, maar een van die verpleërs het vir my gesê by dié hospitaal gebruik hulle net bedpanne, en ek moet sommer myself help.

Marlene in die hospitaal (Foto: Verskaf)

“Dit was ongelooflik pynlik om myself elke keer van die bed te probeer afskuif as ek badkamer toe moet gaan. Hulle sou vir my sê: ‘Jou hande staan vir niks verkeerd nie,’ wanneer ek om hulp vra.”

Sy sê sy het geweet sy sou waarskynlik haar been verloor indien sy nié na ʼn private hospitaal oorgeplaas word nie. Appel se oupa het daarom kort hierna minstens R120 000 van sy pensioengeld losgemaak en aan ʼn private hospitaal oorbetaal sodat sy opgeneem kon word.

Hier het Appel sowat twee maande deurgebring waartydens sy verskeie operasies moes ondergaan om die sepsis uit die wond te sny en in ʼn poging om haar been te red. Sy was vir ʼn tyd lank in isolasie weens haar hoë vatbaarheid vir kieme en het ook ʼn veloorplanting ondergaan.

ʼn Lang herstelpad, waartydens sy baie fisioterapie sal moet ontvang, staar Appel nou in die gesig. Sy sou boonop net ná die ongeluk by ʼn nuwe onderneming begin werk het nadat sy besig was met haar kennismaand toe die botsing plaasgevind het, maar is intussen dié werk kwyt omdat sy nie werk toe kan gaan nie.

Appel, wat op 23 Julie glo haar laaste operasie sal ondergaan, het ook haar huis en haar motor verloor. “My ouers moes noodgedwonge ʼn groter huis soek omdat ek nou saam met hulle moes intrek sodat hulle na my kan omsien. Daar is niks meer nie; ek het niks meer nie, ʼn mens weet werklik nie watter kant toe nie.”

Hemelhoë mediese onkostes staar die Appel-gesin tans in die gesig. ʼn Facebook-blad, Marlene Hulpfonds, is intussen gestig waar weldoeners fondse kan bydra wat Appel se mediese onkostes sal dek.

 

Marlene voor die botsing (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Netsorg ·

Die “versorging” by privaat instansies is nie veel beter as by staatshospitale nie – die plekke word net meer dikwels geverf en hulle kwotastelsels voldoen aan minimum vereistes. Die prys daarvoor hang af van opbrengste wat aandeelhouers verwag en is glad nie in verhouding met die sorg wat gelewer word nie.

Sies tog! ·

Ek weet nie waar jy jou inligting kry nie, maar jy praat net ‘n klomp twak!

Verwonderd ·

Ek stem saam met Sies Tog. Twak is n goeie woord vir die nonsens wat jy praat.

Koos ·

Netsorg is darem nie heeltemal verkeerd nie. Daar is wel privaathospitale waar sekere personeellede ongeërg is jeens pasiënte en netsowel in staatshospitale kon gewerk het met so gesindheid.

Nettie ·

@Netsorg – hoewel jou opmerking veralgemenend is, stem ek saam. Ons privaat kliniek in Worcester is ‘n goeie voorbeeld van ‘diens’ wat met ‘n hoë prys kom, maar wat nie eintlik die word ‘diens’ werd is nie. Nadat my Ma sowat 8 weke lank in- en uit dié kliniek is na wat ‘n ordinêre chirurgiese proses was, kan ek daarvan getuig. Sy het herhaaldelik infeksie opgedoen en is herhaaldelik opgeneem. Soms het sy op beddegoed gelê wat twee dae laas geruil is, baie keer was daar nie genoeg handdoeke vir al die pasiënte op die chirurgiese saal nie en as jy ‘n klokkie lui ……… wel, dan vat hulle behoorlik hul tyd om te reageer!

christa ·

kan daar nog mense wees sonder ‘n mediesefonds??? Ek wens haar alle sterkte toe met die herstel proses.

Susan ·

Mediese fondse is net te duur. Mense in die laer inkomstegroepe kan dit nie bekostig nie. As ‘n persoon met R6000 per maand moet oorleef – verblyf, kos, krag, selfoon en vervoer moet betaal, hoe moet hulle ‘n mediese fonds ook nog bekostig?

Koos ·

Christa, nie almal is in jou en my posisie nie. Dinge gaan rof daarbuite en baie mense kry swaar. Onthou ons medies kan uitgeput ook raak. Dit sou egter finansieël meer sin maak dat vriende en familie eerder vooraf help dat iemand ‘n hospitaalplan het eerder as om ná ‘n krisis te skarrel om honderdduisende te probeer insamel. Mens kan tog nie ‘n uitbetaling verwag as jy nie versekering het nie?

Theresa ·

Daar is baie mense sonder ‘n mediese fonds. ‘n Hospitaalplan werk goedkoper uit en is wonderlik in bv. so ‘n geval. Ook bv. Accident Angels wat spesifiek voorsiening maak vir ongelukke. Baie bekostigbaar – uiters nodig.

Nettie ·

@christa …. ja, daar is nog mense wat sonder mediese fonds is. Mense soos ek, wat in ‘n plattelandse dorp woon, waar die salarisse iets belaglik is (jy is gelukkig as jy R10K per maand kry). En dan, volgens wetgewing, kan jy aansluit by ‘n mediese fonds, maar as jy ‘n voorafbestaande mediese toestand soos diabetes, hoë bloeddruk, hoë cholesterol, hartsiektes ens. het waarvoor jy chroniese medikasie gebruik, kan jy niks eis vir hierdie toestande vir die eerste 12 maande nie. Dus: jy betaal vir iets, wat jy nie kry nie.

En dan is baie mediese fondse vol twak oor dié of dáái en is die voordele aan sekere mediese fonds planne só belaglik laag, dat jy dit maar netsowel uit jou eie sak kan betaal of na ‘n staatshospitaal kan gaan.

Zettie ·

@Christa – Nie almal kan dit bekostig soos jy klaarblyklik kan nie. Jou kommentaar is ongevoellig. Ons het nie medies nie. Dis onbekostigbaar. Ons is 3 mense. Volwassenes en ‘n tienerdogter. Ons is genadiglik redelik gesond en gaan amper nooit dokter toe nie. Maar ek vrees vir die dag wat een van ons hospitaal toe moet gaan.

zeno ·

Christa – Jaaaaaaaaa!!! daar is mense wat nie mediese fondse kan bekostig nie.

Lollie ·

Hier wys dit jou net weer, as jy lê sal hulle nog op jou trap ook en as jy nie geld het nie kan jy maar doodgaan ook! Liefde vir ń ander bestaan net nie meer nie. Hoop ons elkeen se bydrae maak ń groot verskil. Hou net moed! Sterkte aan jou en jou familie!

Anoniem ·

Mag RAF vir jou ‘n uitstekende uitbetaling gee wat jou weer op jou voete bring! As daar ‘n fonds is waartoe ons kan bydra, publiseer asseblief Maroela Media.

Sê maar net ·

Christa- mediese fondse is baie duur en ja daar is baie mense wat dit eenvoudig nie kan bekostig nie….en as jy mediese hulp nodig het…..is sekere staatshospitale bitter swak.

Gestremde ·

Marlene. Ek wens jou alle sterkte toe. “Being there, done that, got the T-Shirt” Ek weet deur watse hel jy gegaan het en weet presies hoe jy voel. Ek het dieselfde bootjie geloop en het ook ‘n external fixator gehad. Die feit is egter dat my been geamputeer is nadat ek meer as vyf jaar in die hospitaal spandeer het en seker 120 operasies gehad het. Hoop jou eis is in by RAF en dat die mense jou tegemoet gaan koop. Sal graag ‘n bydrae wou maak maar is ongelukkig nie in die finansiële posisie nie. Vir die mense wat dit nie besef nie. Dit kan jou ook môre of miskein volgende maand of volgende jaar oorkom. Wees asseblief simpatiek teenoor Marlene en die wat wel in die posisisie om te kan help, maak asseblief jou beursie oop wat RAF se eise is deesdae beperk en die sy gaan die geld nodig hê.

thinus ·

@siestog, verwonderd en Christa: so tussen twak en ongelooflik sal jul seker baie verbaas wees om te hoor dat daar vreeslik BAIE mense is wat nie mediese fondse het nie, al het hulle werk, al werk hulle vir jare en dekades! Veral op platteland is gewone salarisse so laag dat mf meer is as jou bruto. Hoe wil jul hê moet ons dit kan betaal?

Lilium ·

Ek is ook nie in ‘n posisie om Mediese Fonds bydraes te betaal nie aangesien my man R4100/maand verdien. Dus moes ek my voet-en-enkel rekonstruksie operasie ook in n staats hospitaal laat doen. Die opname proses was georganiseerd, die narkotiseur en chirurg was uitmuntend, die saal personeel effektief en behulpsaam, kos warm en voedsaam, medikasie betyds uitgedeel en fisioterapeut baie aangenaam. Respek is ‘n tweerigting straat en daar was elke dag iets om voor dankbaar te wees.

Anoniem ·

Lilium, ek is bly dit het goed vir jou afgeloop. By watter hospitaal was dit?

tamboti ·

Volgens wat Marlene vertel, klink dit of sy heel normaal gery het en ewe skielik is daar ‘n ander voertuig voor haar. M.a.w. die ander bestuurder het waarskynlik die ongeluk veroorsaak, dus moet hy verantwoordelik wees vir die gevolge. Ek wonder of sulke dinge nog ooit in hierdie piesang land ondersoek en vervolg word?
Manne jaag op paaie met sulke groot 4×4 bakkies en SUV’s en gaan op sperstrepe verby, soms nog ‘n paar doppe sterk, en so ry hul mense in gewone motors kas toe. Oor ‘n week het hul klaar ‘n splinternuwe wa en lag lekker vir jou in die staatshospitaal! Of het een al ooit oomgegee vir ” slagoffers “?

Ondervinding ·

Ek wil graag se dat nie ALLE staatshospitale swak is nie. Ek was verlede jaar vir n baie groot operasie by Leratong hospitaal gewees. Die saal was elke dag skoon gemaak, die personeel uitstekend en die spesialis van die beste. Twee keer het my kateter se pyp uitgetrek en binne 5 minute het hulle my beddegoed vervang. Om n lang storie kort te maak, Leratong was NET goed vir my en ek sal hulle ewig dankbaar wees. Ek besoek hulle steeds maandeliks vir my medikasie en dit is n plesier om te gaan.

Marisa ·

Sterkte! Ek haal my hoed af vir die oupa wat soveel van sy pensioengeld onttrek het om te help. Die Here sal verder vir u ook sorg.

Gesiggie ·

Nie almal kan n medies bekostig… dit is baie duur.. staats hospitaal of Privaat Hospitaal hierdie sisters en Dokters word betaal om hul werk te doen, as dit jou passie is, sal jy mons omgee vir ander,,, anders is jy net daar vir die geld, daar is nog staats Hospitale wat nie te Bad is… Ek haal my hoed af vir die Oupa wat sy aftree geldjies gevat het, om sy klein kind te help, die Here sal sorg dat jy dit dubbel terug kry Oom, Hou moed Marlene, al lyk als nou baie donker en al kry jy nou swaar… daar sal weer Sonskyn vir jou wees. Sterkte mag jy gou herstel.

GM ·

Christa, mag jy nooit in ‘n situasie kom waar jy sal moet kies tussen kos op die tafel, of ‘n mediese fonds nie. Almal sou graag goeie mediese sorg wou hê, meeste kan dit ongelukkig nie bekostig nie. En selfs al het jy medies, als word nie altyd gedek nie. Dit is immers ‘n besigheid. Diens by staatshospitale is nie altyd van die beste nie, maar hoe sou elkeen van ons onder sulke omstandighede presteer het (tekort aan personeel, tekort aan toerusting en medikasie, tekort aan fondse ens. ). Ja, daar is BAIE wat net nie wil werk nie, netso is daar nog vele engele wat regtig vir hul mede-mens omgee.

WONDER NET ·

En dan wil die staat nog die Nasionale Mediese Sorg Fonds verpligtend maak. Hulle kan nie eens nou na al die pasiente kyk nie hoe gaan hulle dit regkry as almal hierdie staathospitale moet gebruik? Ek eis vir daardie dag wat privaat mediesefondse moet toemaak en almal aan die staats se fonds moet behoort. Ek hoop ons privaat mediese fondse baklei vir ons reg.

Theresa ·

So waar. Als wat werk en goed werk en met sorg instand gehou word, soos huidige mediese fondse, moet aan gekarring word kamstig ter wille van die wat dit nie kan hê nie, maar dan verval als na ‘n ruk tot stof. Baie bekommerd oor die idee gloeilampie wat aangegaan het oor dié netelige kwessie. Gee dan bloot vir die mense wat ‘n goedkoper vol mediese fonds keuse wil maak en dit deur die staat gefonds word die KEUSE om so te kies. Die res moet in vrede gelaat word want dit werk. Iets wat nie maklik van dinge in sonnige landjie gesê kan word nie.

Willie ·

MM- kan daar nie fonds gestig word nie, ek is sekere daar is weldoenners, en iemand wat haar later kan help met n betreking?

Nettie ·

Die NHS het nie in Brittanje geslaag nie, hoe de ongeluk dink die ANC-regering wil hulle dit in hierdie 5de wêreldse land wat Suid-Afrika genoem word, laat slaag? Ek is, omdat ek te armlastig is om ‘n privaat mediese fonds te bekostig, ‘n staatshospitaal pasiënt (en hier in Worcester het ons weinig om oor te kla: jy sit wel in lang rye, maar ten minste word die dag se pasiëntlading afgehandel voor daar huistoe gegaan word). Ek lag my ‘n papie as een van my “lah-di-dah”-kollegas saam met my in daardie rye by die gemeenskapskliniek moet gaan sit vir “brille en pille”.

Oujongvrou ·

Hierdie Nationale hospitaal storie is net nog n manier om die bree publiek te kry om die regering se koffers vol te maak en te betaal waar hulle klaaglik mislik. Word enige van die staats hospitale ooit aangevat oor geld wat weg is en die haglike toestande. Dis mos nie die privaat hospitale se skuld dat hulle so laks en vuil is nie.

Theresa ·

Baie sterkte vir spoedige herstel! Hoop elke Maroela leser maak gebruik van die webtuiste wat bo iewers genoem word, om te help bydra dat jy met minder finansiële stress kan herstel en nie als verloor soos wat nou in die weegskaal is nie.
Ek hoop jy dagvaar die mense wat jou laat sukkel het en wat jou sepsis laat opdoen het. Dis ‘n skande en hoort sulke mense nie in versorgingsdiensplekke nie. Ek weet van ‘n geval waar die suster ‘n gebruikte handskoen uit die snippermandjie gehaal het om die pasiënt mee te help. Mens moet hierdie tipe diensleweraar verwyder uit ‘n werksplek waar sy/hy geen respek toon aan die pasiënt nie.

Ben ·

Stem saam met Netsorg hier bo. Het ultra swak diens van private hospitaal hier in Boston Kaapstad gekry. Het Video daarvan. Wou hulle hoftoe geneem het maar het nie. Gee hulle genoeg tou hulle gaan hulsef hang.

bella ·

Sorg dat jy ten minste ‘n hospitaal plan het. Ek gaan staats hospitaal toe wat die hospitaal plan nie dek nie. Daar is nie regtig verskoning as jy nie ‘n mediese fonds het nie. Twee etes by restaurante dek dit. Ek knyp hier en daar en kom sonder dinge klaar maar nadat ek baie vir ‘operasie moes betaal het ek vir my medies uitgeneem.

Medies ·

Met n salaris van R5000. Kan ek nie n mediese fonds bekostig van R4 100 n maand nie!!!! Terwyl my baas 2 motors ry,kort kort by my spog dat hy dit en dat nuut weer gekoop het en kort kort oorsee gaan en nie n verhoging of n beter salaris vir my kan gee.

ACF ·

Ben ek weet van watter Privaat Medikliniek jy in Bellville praat. Ek kan net van die beste sorg daar praat, baie kere gebruik gemaak van daardie Mediekliniek. Personeel en spesialiste is van wereld gehalte.

Carin ·

Elke persoon wat sien daar is fout met sorg in enige hospitaal en nie SKRIFTELIK by die bestuur van die hospitaal kla daaroor nie dra by tot die verval van gesondheidsdienste in Suid Afrika. Kla asb maar kla op skrif en by die regte mense- dan help die klagte anders is dit net soveel jou skuld dat dinge nie regloop nie.

AH ·

Ek en my man behoort ook nie aan ‘n mediese fonds nie. Dit is onbekostigbaar! Ons het altwee baie jare lank by plekke gewerk waar mediese fondse nie ‘n byvoordeel was nie. Ons het wel ‘n Hospitaalplan en het onlangs weer kwotasies van verskillende mediese fondse gekry en was geskok dat daar by ALLE mediese planne ‘n boete betaalbaar is as mens vir ‘n aantal jare nie aan ‘n mediese fonds behoort het nie. Wat dit so erg en belaglik maak is dat die boete nie eenmalig nie, maar elke maand gehef word bo en behalwe die premie. In ons geval is die bedrag boete wat elkeen van ons moet betaal R1500 per maand. Met ander woorde, R3000 plus die premie van ongeveer R3000 vir die twee van ons per maand is nie vir ons bekostigbaar nie Al verdien ons redelike salarisse. Ons hou maar by die Hospitaalplan en hoop vir die beste.

Johanna Botha ·

En nou gaan almal bloodgestel word aan die vlak van medies wat die useless staat jou kan bied …of jy nou wil of nie … DIS N GROOT RAMP !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.