Gauteng-waterkrisis: Agt ‘koperdiewe’ aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Agt persone, insluitend vier City Power-werknemers, is in verband met koperkabeldiefstal in hegtenis geneem wat daartoe gelei het dat Gautengers in September ʼn groot waterkrisis beleef het.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en City Power is steeds op soek na ander lede van die sindikaat,” het Hloni Motloung, woordvoerder van Johannesburg City Power, gesê. “City Power-ondersoekbeamptes het ʼn wenk van ʼn skrootwerfhandelaar ontvang en vier mans is Donderdag met 120 kg koper ter waarde van bykans R8 500 in Eikenhof, suid van Johannesburg betrap.”

Die verdagtes het plekke aangewys waar kabels gereeld gesteel word en die ondersoekbeamptes ook na ʼn plek geneem waar hulle die kabels gestroop het. “Hulle het ook vier City Power-werknemers in die diefstal geïmpliseer,” het Motloung bygevoeg. Hulle voer aan die werknemers het inligting aan hulle verskaf oor kwesbare gebiede en toerusting wat hulle moet teiken.

Die agt verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van diefstal en opsetlike saakbeskadiging.

ʼn Groot deel van Gauteng is in September sonder water gelaat toe die elektrisiteitskabel, wat benodig word om water uit die opgaardamme te pomp, gesteel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit sal interessant wees om te sien watse straf die termiete gaan kry.

alet ·

Nie gedink slim van die baas ook alles wat skeef loop is inside stories tot die huis moorde plaasmoorde jy noem dit want hulle weet presies wat aangaan en waar alles is Die Regering kan doen wat hulle wil maar daar is deesdae geen swartmens wat vertrou kan word . En as jy een kry is dit n uitsonderling

anita ·

Waarom is ons verbaas oor die personeel se aandeel in die diefstal? ons Regering is deurspek met onwettige gebruike vanaf Tender, tot Behuising, alles en wat, daar is geen voorbeeld vir die Munisipale persone nie, as die leidinggewende DIENNAARS oneerlik is waarom nie die ondergeskiktes nie.?

Neem kennis hoeveel persone verantwoordelik is vir die onderskeie belastings in hierdie land…die las is swaar….Kan iemand asb. na vore kom die respek afdwing en namens ons eerlike betalers se…NOU IS DIT GENOEG! wees nie bekommerd in ons Afrikaanse groep(Sluit Solidariteit uit) moet SO “N PERSOON NOG GEBORE WORD, en dit is hoog onwaarskynlik, dus ons sal tot die dood swerf in die woestyn sonder om die weg terug te vind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.