Gauteng-waterkrisis: Toevoer teen dan herstel

Argieffoto

Argieffoto

Die watertoevoer na alle dele van Gauteng sal binne twee weke herstel wees mits daar nie kragonderbrekings voorkom nie, het Rand Water Saterdag gesê.

“Twee weke is ʼn redelike tyd vir die reservoirs om te stabiliseer,” het Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, gesê. “Twee weke sal moontlik voldoende wees indien daar nie enige onverwagse kragonderbrekings is nie.”

Mohale het gesê Rand Water doen alles in sy mag om te verseker dat watertoevoer na alle areas herstel word. “Indien daar kragonderbrekings voorkom gaan dit ons raak. Indien daar vir ʼn uur nie krag is nie beteken dit ons kan vir ʼn uur nie pomp nie.”

Rand Water se reservoirs is tans sowat 40% vol. Dit is egter net die helfte van die kapasiteit wat benodig word om voldoende watertoevoer aan Gauteng se 12,3 miljoen inwoners te verskaf. “Die Meyersdale- en Waterfall-reservoirs is albei 40% vol maar die situasie is besig om geleidelik te stabiliseer.”

Die Saturday Star berig intussen dat Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, gesê het dat die kwaliteit van infrastruktuur die groot probleem is. Mokonyane het egter gewaarsku oor risiko’s wat buite die regering se beheer is soos kilmaatsverandering.

Mokonyane het gesê inwoners van Gauteng moet hul gereed maak vir beurtwater. Dit sal behels dat gemeenskappe wat sonder water sit, tydens vaste intervalle van water voorsien word tot die situasie na normaal terugkeer. Volgens Mokonyane sal hospitale en klinieke voorkeur geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois ·

Ek onthou baie goed to Eskom met hulle probleme begin het, het die minister van waterwese gese ge, daar sal NOOIT so ‘n problem met ons water ontstaan, soos wat Eskom het nie, want hulle is in volle “beheer”. Yeah right!

Nou wonder ek net, wat het “die kwaliteit van infrastruktuur is die groot probleem” ENIGE iets met klimaatsverandering te doen? HUH? Het hulle nou weer ‘n nuwe woord geleer?

Demokraat ·

Francois, indien daar probleme is met die infrastruktuur, is dit slegs te wyte aan swak en onvoldoende onderhoud aan toerusting en installasies.

Andersyds is die gebrekkige voorsiening van water hoofsaaklik die gevolg van onbevoegdheid en swak bestuur. Laasgenoemde het mos alreeds, alhoewel klein in omvang, dwarsoor die land voorgekom.

Die ANC-regering sal nooit afwyk van sy gebruik om hoofsaaklik politieke aanstelling in hoë poste te doen nie – in meeste gevalle beamptes wie min tot geen kennis het van die saak wat bestuur moet word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.