Gauteng-winkelroof gefnuik

Polisievoertuie staan voor die Maponya Mall.  Foto: @King_Names op Twitter.

Polisievoertuie staan voor die Maponya Mall.
Foto: @King_Names op Twitter.

ʼn Groep van sewe mans het Woensdagoggend ʼn winkel in Maponya Mall in Soweto probeer beroof, het die polisie in Gauteng gesê.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep mans het omstreeks 09:00 die Pick n Pay deur ʼn agterste ingang betree. Personeel het onmiddellik die polisie in kennis gestel.

ʼn Skietgeveg het tussen die rowers en veiligheidswagte uitgebreek. Die rowers het hierna op die vlug geslaan en lukraak skote afgevuur. “Dit was egter van korte duur. Geen beserings is aangemeld nie,” het Makhubela gesê.

Die rowers het met leë hande gevlug. Die polisie ondersoek die saak.

Die Maponya Mall is ook op 1 September beroof. Twee veiligheidswagte het kontant by die Pick n Pay afgehaal toe ʼn man hulle voorgekeer, ʼn vuurwapen op hulle gerig en die kontant by hulle afgeneem het. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.