Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep mans het omstreeks 09:00 die Pick n Pay deur ʼn agterste ingang betree. Personeel het onmiddellik die polisie in kennis gestel.
ʼn Skietgeveg het tussen die rowers en veiligheidswagte uitgebreek. Die rowers het hierna op die vlug geslaan en lukraak skote afgevuur. “Dit was egter van korte duur. Geen beserings is aangemeld nie,” het Makhubela gesê.
Die rowers het met leë hande gevlug. Die polisie ondersoek die saak.
Die Maponya Mall is ook op 1 September beroof. Twee veiligheidswagte het kontant by die Pick n Pay afgehaal toe ʼn man hulle voorgekeer, ʼn vuurwapen op hulle gerig en die kontant by hulle afgeneem het. Niemand is tydens die voorval beseer nie.