Gautenger in hof oor moord

Argieffoto

Argieffoto

Tony Matheus (54) het Maandag vlugtig in die Vereeniging-landdroshof verskyn nadat hy glo sy meisie en ʼn vriend doodgeskiet het.

“Die saak is tot volgende week Maandag uitgestel wanneer hy na verwagting formeel sal aansoek doen om borgtog,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Hy het die twee glo Sondag in sy vriend se erf in Vlakfontein doodgeskiet.

Die motief vir die skietery is nie bekend nie. Hulle is van naby geskiet, het die polisie in daardie stadium gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.