Gautenger verdrink by Umdloti

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

ʼn Vakansieganger van Gauteng het Sondagmiddag by Umdloti aan die KwaZulu-Natalse noordkus verdrink.

“Twee vriende van Gauteng het in die see gaan swem terwyl die gesin op die strand gesit het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Paramedici is ontbied nadat die twee mans in ʼn systroom meegesleur is en in die see ingetrek is.”

Twee lewensredders het in die onstuimige see ingegaan en een van die lewensredders kon een man bereik en het hom op ʼn dryftoetstel vasgemaak. “Die tweede lewensredder was naby die tweede man toe ʼn sterk stroom hom weer meegesleur het.” Die SAPD se soek- en reddingspan is nog steeds op soek na die vermiste man.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

So jammer vir die tragedie. Umdloti is n uiters gevaarlike stuk strand. Steiltes en sterk strome. Mag jul vertroos word as naastes.

Dave ·

Maria, ek wou jou lankal vra, is jy familie van oom Jan en tannie maria?

Cherokee ·

Ons wat op die strand woon het die nodige respek en agting vir die see. Moet nie my verkeerd verstaan nie asseblief want as dit beterweterig gesê sou wees sou dit ‘n totaal en al onvanpaste kommentaar gewees het. Dit is egter nie die bedoeling nie maar dit is net ‘n manier om te sê dat die see selfs vir ons wat op die rand daarvan woon, onvoorspelbaar is. Lees die berig tussen die lyne en leer dat daar strome is wat wissel en somtyds is ander tye nie is nie. Die see is vandag anders as gister. Respekteer dit en moet geen kanse vat nie.

Wat-ek-lees ·

Ek verstaan ten volle wat jy sê Cherokee, die see is niemand se maat.

Marianne ·

Umdloti het ‘n strand meer!!!!!
As jy nie kan swem nie en jy ken nie die strome of getuie nie bly uit die water uit!!!!

M'Lady ·

Volgens my het Umdloti een van die veiligste swem areas. Tensy die gebeurtenis buite die gebied plaasgevind het,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.