Gautengers meestal negatief oor SA

Suid-Afrikaanse vlag

Suid-Afrikaanse vlag

Volgens die Quality of Work Life (QoL)- peiling is die meeste van Gauteng se inwoners ongelukkig oor die rigting wat Suid-Afrika inslaan.

Die QoL-peiling word elke twee jaar deur die Gauteng City Region Observatory (GCRO) gedoen en die 2015/2016-peiling se resultate is Dinsdag bekend gemaak. Die peiling bepaal persepsies van lewenskwaliteit, sosio-ekonomiese omstandighede, houdings teenoor dienslewering en ook die houding van die publiek teenoor openbare instellings.

Meer as 30 000 Gauteng-inwoners (ouer as 18 en van alle rasse) is tussen Julie 2015 en Mei 2016 ondervra. Die peiling het bevind dat 61% van die respondente glo dat Suid-Afrika die verkeerde rigting inslaan. Die persentasie het toegeneem sedert die 2013-opname.

Volgens die peiling is “pessimisme oor die land baie hoog”. Nagenoeg 82% van die respondente het gesê hulle glo dat korrupsie ʼn bedreiging vir demokrasie in die land is terwyl 50% van mening is dat die media nog vry is in Suid-Afrika.

Minstens 52% van respondente meen die munisipale verkiesing op 3 Augustus sal regverdig wees.

Volgens die verslag “dui hierdie patrone aan dat die meerderheid van die respondente ongelukkig is met die rigting wat die land inslaan en dat proporsioneel gesien minder respondente met sekerheid kan sê dat hulle positiewe ontwikkeling in die land sien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Rural illiterate ·

Dit is net die landelike ongeletterde mense wat inelkgeval nog hoop in die ANC het bloot net omdat hulle te oningelig is om beter te weet. Diktators soos Mugabe en jZ teer op die landelike on geletterdes.

Theresa B ·

En ons word kwalik geneem daaroor (lui ek af)…………………. Ek dink nie so nie. Daar is goeie rede.

KarooKlong ·

Baat niks hulle doen meningspeilings en niemand steur hulle aan hierdie menings nie.

Rynhardt ·

Doen n slag n peiling onder ons blankes wat vir 22jaar gebuk gaan onder diskriminasie en wat van alles gestroop is, en daar is nog geen einde insig nie! Waar is daai peiling?? Ekskuus, ons is wit, daarom mag daar nie n peiling wees nie, maar skynheiligheid kan voortduur! Gistraand het E tv vir die eerste keer verwys na die Vryheidsmanifes (ek het al jare hieroor gewaarsku ) waar Malema gewaarsku het dat volle uitvoering gegee moet word aan dit.Hy se:”Alle grond behoort aan julle massas.Ek gee jul toestemming om dit te vat”.Ek vra weer, waar is die ware peiling vir ons wittes?? Ons word geklassifiseerd as vergete burgers in SA wat net moet betaal, en wat verder van alles ontneem moet word!

Lianie ·

Ek was nie deel van die meningspeiling nie maar ja!! Ek is negatief en BANG! Ek bid vir ons land maar ek raak hooploos oor alles wat rondom ons gebeur. Soveel moord en haat!

Nici ·

Ek sien nie meer die lig vir hierdie land nie en geen toekoms vir my nageslag nie. Ons is minder as derde rangse burgers wat se enigste doel hier is is om swaar en nog swaarder belas word vir die goedgunstige gebruik van hierdie Afrika grond waarop ons gebore is en voor betaal het met geld en bloed.

Theuns ·

Ek is van mening daar is goeie gronde vir Oorlog. Wat sal meer traumaties wees. Die huidige proses van diskriminasie of Oorlog? Wie gaan die eerste skote skiet?

Bevrees ·

So iets gaan ons almal vernietig. Daar is te min Afrikaners, en hul het nie geld, om hulself te verdedig.

Theuns ·

Dankie Esmay en Bevrees vir julle kommentaar. Ons moet pasop dat ons nie soos slagskape na die salgpale toe gelei word nie. Die Jode was ‘n goeie voorbeeld. Die Franse ondergronse beweging (WWII) is n goeie voorbeeld van hoe dit gedoen moet word.

Lance ·

Gauteng is n gemors ….BAIE onveilig BAIE vuil , infrastuktuur word nie onderhou ….ag noem maar op ….its a hot steamy mess

Esmay ·

Ons is “sitting ducks” Dit is in elk geval te laat om enige iets te doen. Dit voel of ons hande afgekap is.!!! Ons glo en vertrou op God maar iets sal vinnig moet gebeur voor ons alle hoop verloor……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.