Gautengers moet water spaar weens lang instandhouding

kraan-water-glas

Foto: Arcaion/Pixabay.com

Gautengse inwoners is gemaan om hul waterverbruik aansienlik te verminder weens die Lesotho-Hooglandwaterprojek (LHWP) se tonnelstelsel wat vir twee maande tot stilstand gebring gaan word.

Die LHWP se tonnelstelsel sal van 1 Oktober tot 30 November tot stilstand gebring word vir inspeksie en instandhouding.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van waterwese en sanitasie, het gesê geen wateroordrag na die Vaalrivierstelsel sal dus oor hierdie tydperk moontlik wees nie, aangesien die tonnel gedreineer sal word vir die werkprojek.

Die LHWP vergroot die waterbronne in die Vaalrivierstelsel wat water lewer aan Rand Water, Sasol, Eskom en ʼn groot aantal kleiner verbruikers.

“Tydens die inspeksie en instandhoudingswerk sal waterverbruikers en veral die boeregemeenskap geraak word. Waterverbruikers in Gauteng word derhalwe versoek om hul samewerking te gee deur water spaarsamig en met die grootste sorg te verbruik.”

Volgens Ratau is gebeurlikheidsplanne ingestel om te verseker dat watertoevoer in die tydperk nie onderbreek word nie.

Dit kom kort nadat die departement gewaarsku het dat die voortdurende afname in damvlakke in die Vaalrivierstelsel waterhulpbronne in Gauteng onder druk kan plaas indien die provinsie nie in die volgende paar weke goeie reënval ontvang nie.

Die Vaaldam se vlak staan reeds op onder 57% terwyl dit in dieselfde tyd verlede jaar oor die 90% was. Die Katsedam, een van die Vaaldam se hoofverskaffers, se vlak is reeds onder 16% en wek groot kommer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anel ·

Moet dit vir ons sê nie!. Sê dit vir Soweto, Mamelodie, ens. Hulle betaal nie so hoekom moet hulle spaar!!!

Maljan ·

Jy is reg. Taxies word by straat krane gewas en die water loop. Niemand maak krane toe nie. Dit kom mos mahala.

Frikkels ·

En derduisende “wettige” en onwettige immigrante stroom oor ons landsgrense en plak waar hulle wil en alles moet maar net vir hulle gegee word, ten koste van ons eie mense.

Pieter ·

Ja want julle wag mos tot alles uit mekaar val dan wil julle instandhouding doen julle sal net nooit regkom nie dit wil ek sien

Redmari ·

Akasia se water toevoer is af van 8h00 25 September tot 8h00 26 September 2019. Geen water punte beskikbaar.

Ig ·

Hoekom nie iets gedoen toe watervlakke 90% was nie, hulle skrik altyd laat wakker wat norm is in ons land, I rest my case

Lood Kurkprop ·

.
.
Hou op om Chemtrail chemicals te spuit…dan sal die chemicals ophou om wolke op te breek en weg te waai elke naweek tussen 10am en 3pm ….hou op.
.
.

Sonder water ·

Ek kan met trots sé ons mense in Sundra. Rietkol .Eloff spaar al seker 5 mnde water want ons kry geen water meer. Municipality het beter gedink en ons geld vir beter dinge gebruik en nie Randwater betaal nie …

Manie ·

En daar word niks gedoen aan die wat onbekwaam is en ons damme en water besoedel met riool. Daar is al lankal gesê mense gaan mekaar uitmoor in ons water arm land oor skoon water. Nou wil julle hê ons moet water spaar maar julle gee niks om vir die water bronne. Wat n grap

Sonder water ·

Ek kan met trots sé ons mense in Sundra. Rietkol .Eloff spaar al seker 5 mnde water want ons kry geen water meer. Municipality het beter gedink en ons geld vir beter dinge gebruik en nie Randwater betaal nie …

O Wee ·

Die mense wat verantwoordelik is om die waterbronne te bestuur, het nie ‘n ‘koekin clue’ wat hulle doen nie! Gauteng is in vir ‘n moelike somer seisoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.