Gautengers versoek om water spaarsamig te gebruik

Argieffoto

Inwoners van Gauteng is versoek om water spaarsamig te gebruik al het die algehele vlakke van die provinsie se waterreservoir dié week tot hoër vlakke as dieselfde tyd verlede jaar gestyg.

Die algehele vlakke van die provinsie se damme staan op 98%, in vergelyking met die 90% in dieselfde tyd verlede jaar. Verlede week was die algehele vlakke van Gauteng se damme 98,8%.

Die Bon Accord-dam in die noorde van Pretoria staan op 104,8% in vergelyking met die 101,8% van dieselfde tydperk verlede jaar.

Die Rietvlei- en Roodeplaat-damme staan onderskeidelik op 99,8% en 100,2%. Die Bronkhorstspruitdam het van verlede week af van 96,7% tot 94,9% gedaal. Dit is egter steeds hoër as die 83,6% van dieselfde tyd verlede jaar.

Die departement van water en sanitasie het egter ʼn beroep op Gautengers gedoen om steeds water spaarsamig te gebruik ten einde te verseker dat damvlakke stabiel bly.

Die Tshwane-metro het gesê met lente om die draai is daar gewoonlik in dié tyd verhoogde waterverbruik wat druk op die watervoorsieningsnetwerk plaas.

“Waterbesparing beteken om ons beperkte watervoorraad verstandig te gebruik en elke poging aan te wend om water te bespaar. Die werklikheid is dat water nie ʼn onbeperkte hulpbron is nie.”

Volgens die metro sal Rand Water die grootmaat-watervoorsiening aan die metro beperk sodra die stad die toegelate kwota oorskry. As inwoners nie hul verbruik verlaag nie, sal die metro verdere en strenger beperkings instel.

Pretoria se inwoners word versoek om nie hul tuine tussen 06:00 en 18:00 nat te lei nie. Daar word verder versoek dat inwoners nie ʼn tuinslang gebruik om hul motors te was nie en ook nie hul swembaddens vul nie.

“Ons doen ook ʼn beroep op ons inwoners om aan te hou om gryswater te gebruik om tuine nat te maak, toilette te spoel en om waterbesparende toestelle te installeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Raak dit dan droog in ANC-wêreld ook? In 2017 het ‘n ANC-raadslid vanaf iewers in die binneland dan gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem. So nou wonder ek maar net: as dit dan alles binne die wil van God is om ANC te stem en dus te stem VIR korrupsie, swak of geen munisipale dienslewering, slaggat in paaie ens ens, watse sonde doen die kiesers daar in die ANC-wêreld dan dat die Here hulle nou ook met droogte straf?

Sarah

maar ons moet ewe skielik hande was? of is die paniek nou verby?

Antoinette

Nou moet ons water spaar. Wat van n waterpyp wat gebars het en 2 weke later loop die liters water nogsteeds die straat af. Bel, bel,bel en alke dag word belowe ons sal vandag uitkom. Dan kom die mislikpaliteit op n Sondag om 5:30 draai die pyp toe en se Maandag kom ons regmaak. Dit is nou 4 weke later nogsteeds nie reggemaak nie en die water loop nogsteeds. Bel, bel, bel en nog lee beloftes. Oral in Vanderbijlpark waar jy ry loop die water in die strate maar geen werker insig om die pype regtemaak nie.

Pieter

Our people kry mos als verniet die blankes more pad gee is daar van julle niks oor nie.

Snowball

Waterbeperkings, seker saam met die gepaardgaande boetes sodat daar nog geld uit die betalende minderheid gewurg kan word.