Gautengse burgemeester in VBS-skandaal nog nie afgedank

VBS Mutual Bank

Die ANC het nog geen aanduiding gegee dat hulle Maphefo Mogale-Letsie, burgemeester van Merafong in Gauteng, gaan afdank nie. Dit ten spyte van aanbevelings deur die ANC se provinsiale integriteitskommissie nadat haar betrokkenheid by onwettige inbetalings van R50 miljoen by die VBS Mutual Bank aan die lig gekom het.

Daarom het die DA in Gauteng ’n mosie van wantroue teen Maphefo Mogale-Letsie ingedien. Luidens ʼn verklaring deur die DA is hulle geskok om te verneem dat die ANC nog nie Mogale-Letsie as burgemeester afgedank het nie.

“Die feit dat die ANC teen die aanbevelings van hul eie kommissie gaan, dui daarop dat hulle diegene wat by onwettige aktiwiteite betrokke is, beskerm,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig sowat R1,894 miljard is oor ʼn tydperk van drie jaar van die VBS Mutual Bank geplunder deur VBS-hooggeplaastes en instellings. Die geld wat geplunder is, sluit in kliënte se spaargeld en miljoene wat deur munisipaliteite gedeponeer is.

Merafong het vanaf 2011 minstens sewe waarnemende of permanente munisipale bestuurders gehad wat ’n aandeel in die haglike finansiële toestand van die munisipaliteit het, sê die DA.

Die DA meen die gebrek aan fiskale bestuur het ’n negatiewe uitwerking op die daaglikse bestuur van die munisipaliteit wat inwoners direk raak.

Die mosie van wantroue in die burgemeester gaan so gou moontlik ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eddie ·

Die pot is seker nognie heeltemal leeg geskep nie of die geskepte deel nognie goed genoeg weggesteek nie !!

JohanR ·

En hoekom is NIEMAND in Suid Afrika verbaas nie? Die arme man het ‘n job nodig!

Sam nN ·

‘n Onderliggende gebrek aan moraliteit by die regerende party en sy trawante? Kan dit ooit verander? Soos die spreekwoord dit stel: jakkalse verander van haar maar nie van snaar!

Ingwe ·

Hierdie einste bank het Zuma se lening vir Nkandla gefinansier. Natuurlik deur geld vanaf munisipaliteite. Moeilik om hulle aanspreeklik te hou, dit was seker ‘n opdrag van die ANC af.

Jr ·

Ek is van Merapong ( nee nie verkeerd gespel ) . Hierdie dorp stink van al die riool afval in die straat. Daar is nie eers geld vir petrol nie. Maar MA’DAMN IS NOG NO 1 BURGER HA HA HA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.