Gautengse hoof van gesondheid bedank

Barney Selebano (Foto: ANA)

Barney Tiego Selebano, hoof van die Gautengse departement van gesondheid, het uit dié amp bedank.

Die parlementêre komitee oor maatskaplike dienste het Dinsdag Selebano se bedanking verwelkom. “Ondanks die bedanking, bly die komitee se versoek, vir aanspreeklikheid teen diegene wat verantwoordelik is vir die Esidimeni-tragedie, staan,” het Cathy Dlamini, voorsitter van die komitee, in ʼn verklaring gesê. “Alle nodige en regsprosesse moet voortduur en die natuurlike verloop volg.”

Selebano het Maandag sy bedanking ingedien te midde van ʼn reeks dissiplinêre aanklagte teen om as die provinsiale hoof van die departement van gesondheid.

Hy het by die Life Esidimeni-verhoor getuig oor die skuif van psigiatriese pasiënte na ongelisensieerde NRO’s waarna 143 van die pasiënte gesterf het. Sy aanvanklike pogings om getuienis vry te spring was onsuksesvol nadat hy die hooggeregshof genader het om sy dagvaarding tersyde te stel.

Selebano, ʼn mediese dokter, het in trane die families om verskoning gevra toe hy sy getuienis tydens die arbitrasieverhoor in Desember afgehandel het.

Hy was een van die beamptes wat beskuldig word in Malegapuru Makgoba, ombudsman van gesondheid, se verslag oor die Life Esidimeni-projek. Makgoba het bevind dat Selebano skuldig is aan “growwe wangedrag en onbevoegdheid” as een van die beamptes wat aan die hoof gestaan het van die oorplasing van die pasiënte.

Makgoba het voorts aanbeveel dat sy gedrag by die Gesondheidsberoeperaad van SA (HPCSA) aangemeld moet word.

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid, het bedank toe die skandaal aan die lig gekom het. Sy is wyd blameer vir die tragedie en sal na verwagting tussen 22 en 26 Januarie getuig.

Die VF Plus het dit intussen duidelik gemaak dat Selebano nie vervolging sal vryspring nie. Philip van Staden, VF Plus-LP, het gesê Selebano sal ná afhandeling van die Esidimeni-arbitrasieverhoor aan die pen ry vir die afsterwe van psigiatriese pasiënte. “Selebano het tydens die verhoor verantwoordelikheid aanvaar vir die tragedie wat onder sy vaandel plaasgevind het. Hy toe self gesê indien so ‘n tragedie onder jou leierskap gebeur, jy nie mag wegstap nie. Dit wat hy nou doen deur te bedank. Hy volg nie sy eie raad nie.”

Van Staden het gesê die VF Plus is ook van mening dat die Gautengse premier, David Makhura, nie Selebano se bedanking moet aanvaar nie, “anders lyk dit of die premier ook sake wil toesmeer”. “Die premier het die mag om die departementshoof aan te stel of ‘n bedanking te aanvaar. Indien hy Selebano se bedanking aanvaar, is hy as premier net so aandadig aan toesmeerdery en maak hy hom nog verder oop vir vervolging.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johanna Botha ·

Dit is seker die eerste persoon wat bedank na onbevoegdheid blootgele word ….

L ·

As mense dood gaan van Growwe Wangedrag, dan wil ek weet hoe dit lyk teenoor n gestremde? Afskuwelik. En geen ander werksame individu het dit ooit gesien en geraporteer nie, want hy is seker die dokter? Hoe het hulle ooit gedink na soveel dood is, dat dit nie met hulle sal opvang nie?

Org ·

As hulle nazis kan verhoor nadat hulle gesonde Jode amer 73jaar terug vermoor het, hoekom moet hy vrygespreek word wat sieklike mense vermoor het deur verkeerde besluite te neem.

Karin ·

As die mense mos so bedank om weg te hardloop van verpligtinge, kry hulle mos altyd ‘n gawe “tot siens”-geskenkie van etlike miljoene rande. Wonder hoeveel gaan hy kry.

Willie ·

Die Maat wil vervolging vry spring… dis oor al die onbevoegtheid dat SA is waar dit is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.