Gautengse hoof van gesondheid geskors

Mkhululi Lukhele (Foto: Itumeleng English/African News Agency)

Die premier van Gauteng, David Makhura, het die hoof van die provinsie se departement van gesondheid, prof. Mkhululi Lukhele, met onmiddellike inwerkingtreding geskors.

Thabo Masebe, woordvoerder van die provinsiale regering, sê Lukhele se skorsing volg ná die spesiale ondersoekeenheid (SOE) bevind het dat hy nie sy verantwoordelikheid in die toekenning van kontrakte aan sekere maatskappye vir die verkryging van goedere en dienste in verband met die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie uitgeoefen het nie.

“Sy optrede of versuim kon moontlik daartoe gelei het dat die departement vrugtelose en verkwistende uitgawes aangegaan het.” Volgens Masebe sal Lukhele as voorsorgmaatreël geskors bly tot die ondersoek deur die SOE en dissiplinêre prosedures voltooi is.

Lukhele en die departement se voormalige hoof- finansiële beampte, Kabelo Lehloenya, word by die onreëlmatige toekenning van kontrakte vir persoonlike beskermingstoerusting (PPE) betrek.

Die SOE het oor die naweek nog beweerde ongerymdhede by die departement van gesondheid in Gauteng aan die lig gebring. Dié ongerymdhede, wat die staat en belastingbetaler sowat R30 miljoen uit die sak gejaag het, sluit in beweerde prysknoeiery, die inflasie van die waarde van goedere asook samespanning tussen Gautengse gesondheidsamptenare en maatskappye wat winsgewende PPE-kontrakte gekry het.

Lukhele het glo versuim om dissiplinêre stappe teen Lehloenya te doen nadat haar “onwettige en onreëlmatige optrede” onder sy aandag gekom het.

Lukhele en Lehloenya word nou versoek om die R30 miljoen op te dok.

Die DA het reeds Maandag ʼn beroep op Makhura gedoen om Lukhele te skors.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Persheks Adri ·

Net geskors vir R30 miljoen regtig? Ons moet sy salaris ook nog betaal terwyl hy duime rol. Mooi geleer by kaders ne. Dit gaan my verstand te bowe dat sulke onbevoegte mense in die posisies sit. ANC kan loop tsek met al hulle korrupsie!

Androclus ·

Daai skors is maar net om ons bloeddruk bietjie af te bring,maar hy gaan niks oor kom nie.

johanf ·

Is daar nie deur CR gesê dat hierdie gevalle van diefstal en korrupsie, krimineel aangekla sal word nie….so skors behoort die 1ste stap te wees, dan hof toe. Ons land is jy mos onskuldig tot skuldig bevind,…
Ek hoop net die spul dra hul eie koste verbonde.

Persheks Adri ·

Ons gaan betaal Johan my maat niemand anders nie jy weet mos

MakersMark ·

Hulle kan hulself nie help nie. As die bribe geldtjie kinkel spring die mense. Almal van hulle.

Dries ·

Ek vra om verskoning as ek dalk die berig gemis het, maar is Gomba van die Oos-Kaap met die scooter ambulanse al geskors?

Sobymykoolkop ·

Hoe dom dink die ouens is die belastingbetaler? Geskors? Met volle salaris? Net gister is berig dat Richard Mdluli ten tyde van sy skorsing ń verdere koel R12,5 miljoen ontvang het tot sy kamerade nie meer kon keer nie, toe eers bedank hy, TWAALF EN ń HALF MILJOEN RAND

Dries ·

Genade. Die kommervrye hoewel beskeie lewe wat ek darem nie sal kan lei tot die dag wat ek doodgaan, as ek R12.5 miljoen kon in die hande kry…

johanf ·

Hahaha, stem met jou Dries….. ń Miljoen sou kon doen, Lucas Maree, werklik, dit sou meer as genoeg vir my wees….

johanf ·

Hoop hy, hulle (daar volg nog baie) verskyn in ń hof en skuldig bevind word, met tronkstraf en nie opgeskorte vonnisse nie….
Daar gaan nog wees, glo my ,maar sover gebeur daar darem iets….!!
Mooi…..!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.