Gautengse hoof van Valke se lot onseker

valkeGenl.maj. Shadrack Sibiya, hoof van die Valke in Gauteng, se regsverteenwoordiger kon nie Woensdag berigte bevestig dat die kennisgewing om Sibiya te skors, teruggetrek is nie.

“Ek het teen laat Dinsdagmiddag nog geen kommunikasie ontvang van die staatsaanklaer se kantoor nie,” het Victor Nkhwashu aan Sapa gesê.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. Eyewitness News het berig dat die kennisgewing om Sibiya te skors, teruggetrek is. Sibiya was van plan om Woensdag die arbeidshof te nader om sy skorsing teen te staan.

Sibiya het verlede Maandag die skorsingskennisgewing ontvang en het sewe dae gekry om redes aan te voer oor hoekom hy nie geskors moet word nie. Die voorneme om Sibiya te skors hou glo verband met sy betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs.

Kol. Leslie Maluleke, ʼn senior lid van die Valke, het glo ook verlede week ʼn kennisgewing van skorsing ontvang terwyl Anwa Dramat, hoof van die Valke, op 23 Desember geskors is vir sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.