Gautengse inwoners steeds sonder water ná pyp bars

water-kraan

(Foto: Pixabay.com)

Inwoners van talle woonbuurte in Gauteng wat sonder water gelaat is nadat ʼn groot waterpyp van Rand Water die afgelope naweek gebars het, het vanoggend die nuwe week begin met krane wat steeds droog is.

Rand Water het aanvanklik gesê hy hoop om die O2-pypleiding wat gebars het teen gister te herstel, maar het gistermiddag in ʼn verklaring gesê dit sal nie moontlik wees nie. “Nadat ons toegang tot die pyp verkry en behoorlik inspeksie gedoen het, het ons ongelukkig bevind die pyp is meer beskadig as wat aanvanklik verwag en aangemeld is,” lui die verklaring.

“Na raming sal die werk Maandagmiddag afgehandel wees. Indien die situasie verbeter of versleg, sal die publiek in kennis gestel word. Tesame met Johannesburg Water en die Stad Ekurhuleni, maak ons voorsiening vir watertenkers.”

Die presiese ligging van die tenkers sal deur die onderskeie munisipaliteite deurgegee word.

Maroela Media het vroeër berig Rand Water het gesê ʼn gedeelte van die O2-pypleiding het gebars nadat ʼn klep op die pypleiding vermoedelik deur vandale beskadig is.

Gebiede wat geraak word, sluit in Wychwood, Primrose Hill, Dinwiddie, Primrose, Windsor, Sunnyridge, Fishers Hill Primrose-uitbreiding, Isando, Glen Marais, Klopper Park, Isando Res, Kempton Park, Van Riebeeck Park, Spartan-lughawe, Bedfordview, Tembisa, Tembisa-Suid, President Park, Halfway House, Diepsloot, Rooihuiskraal, Kosmosdal, Silver Ball, Linmeyer, Linmeyer uitbreiding 2, South Crest, Knights Mine, Medley Res in Boksburg, die Life Care-hospitaal, Germiston-stasie, Spoornet-Oos-nywerheidsgebied, asook Wadeville.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gerda

En gaan iemand verantwoording doen? Me think NOT.

SjN

Sommige vandale sit ook in bestuursposte, dit is hoekom dit so gaan.

Andre

Gesofistikeerde vandale die. ‘n Rivier moes herlei word, maw die pyp en klep is diep onder water? Hoe is dit beskadig. Ek ryk ‘n vrot vis

Netta van Wyk

Ek is gladnie verbaas nie.

John

Riviervis… Overtime… Nie mooi gedink oor die plan nie of dalk wel en nou kan ons daai vakansie Desember op die eiland bekostig.