Gautengse landdros in boeie oor korrupsie

Die Valke sê hulle wil hê die inhegtenisneming van ʼn landdros van Carletonville moet ʼn duidelike boodskap oordra dat niemand bo die wet verhewe is nie, selfs nie eens dié wat veronderstel is om dit toe te pas nie.

Die landdros het na bewering omkoopgeld van twee verdagtes geëis wat aangekeer is vir diefstal en het onderneem om hulle met hul volgende hofverskyning vry te laat, berig EWN.

Die 49-jarige landdros is Donderdag tydens ʼn blitsoperasie ná ʼn wenk van die publiek by die hof in boeie geslaan en weggelei.

Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, sê die verdagte kom Maandag in sy eie hof voor op aanklagte van korrupsie en afpersing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Philip ·

Daar het jy dit nou. Wat se kans het wittes in die howe van hierdie korrupte regstelsel. Wel gedaan aan die valke maar die publiek gee informasie om hulle vas te trek.

Chris Ws ·

Hy gaan hom laat loskom.Kyk maar!Ek is oortuig hy is deel van die “reenboog” nasie .

Cherokee ·

Chris Ws, korrigeer my as ek verkeerd is, maar ek neig te dink ieder en elk van jou kommentare sê dat hulle gaan loskom, nie gaan sit nie, dat daar niks van gaan kom nie, ens.
En as ek verkeerd is vra ek by voorbaat verskoning en sal terugkyk in die argiewe, maar ek dink ek is reg.

Chris ·

Niemand behalwe Malema is verhewe voor die wet nie, moes hy gesê het

leser ·

hy het geen breins in sy kop, al wat hy sien ie $$$$$$, RRRRRR,¥¥¥¥¥¥¥,€€€€€€€

Michael ·

Viva ANC Viva dit is seker n ou pandiet en n kader wat aan gestel is as n landros.

sus ·

Daars nog vele van hulle op die bank … Valke moet maar hul oë en ore oophou

Elize ·

Doen niks indien die publiek nie kla nie en kyk ander pad. Sorry maar dis my waarneming van al die korrupsie in SA.

PJC ·

Ongelukkig is daar nog sulke korruptes maar ook ń klomp onbevoegtes op die bank om van die rassiste nie eens te praat nie.

Johan H. ·

Sit die ou permanent tussen die lot wat hy gebere het..moet erger gestraf word as jan alleman. Verbeel jou! Wanneer vang julle n paar regters ook uit?

Jenny Lucas ·

Kan die Valke nou aan SA bewys niemand is bo die reg verhewe nie en die leier van die EFF ook arresteer vir sy haatspraak?

Skroef ·

Die eenkleur reenboog nasie. Maar hy seker nog elke maand sy salaris kry.

jakes ·

Dit verbaas my glad nie. Het lankal voorgestel dat die aanstelling van regters en landroste asook staatsaanklaers indringend ondersoek word. Geen wonder dat eerstewereldlande nie ons regsgrade erken nie. As n mens na sommige uitsprake en vonnisse kyk dan word my vermoedens bevestig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.