Gautengse landelike veiligheidsplan ‘misluk’ – VF Plus

(Foto: pixabay)

Die VF Plus sê die landelike veiligheidsplan van die Gautengse polisie het geen positiewe uitwerking op die veiligheid van plaasboere nie.

Kobus Hoffman, VF Plus-lid in die Gautengse wetgewer, sê die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, Faith Mazibuko, het in antwoord op ʼn skriftelike vraag van die VF Plus bevestig dat 445 plaasaanvalle in die vorige boekjaar in die provinsie aangemeld is.

Altesaam 11 mense is dood – maar net drie verdagtes is in hegtenis geneem. Die inhegtenisnemings hou ook verband met net een plaasaanval.

“Hierdie verdoemende feite bevestig die VF Plus se voortdurende waarskuwings dat die Gautengse polisie die landelike gemeenskappe faal. ʼn Landelike veiligheidsplan moet behoorlik in werking gestel en bestuur word om landelike gemeenskappe te beveilig,” sê Hoffman.

Hy sê gebiede wat veral deurloop is Kameeldrift, Muldersdrift en Hekpoort.

“Die wreedaardige teistering van weerlose landelike gemeenskappe is ʼn skande en dra by tot die algehele verval van die platteland wat veral voedselsekuriteit bedreig.”

Hoffman sê die party sal aanhou om druk te plaas op die owerhede om die landelike veiligheidsplan behoorlik te implementeer en genoeg mannekrag en toerusting by polisiestasies in landelike gebiede te ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Werner ·

Wel as ek so na die aanvalle landswyd kyk sou ek se ek glo nie daar bestaan landswyd n veiligheids plan nie

Hennie J ·

Die opskrif van die berig kon netsowel wees :’landelike veiligheidsplan mislik’

Johan ·

Ons mense moet veiligheid by hulself begin. STOP die gebruik om “buitelanders” in diens te neem!!! Hoeveel keer nog moet ons vra, pleit dat kleinhoewe-eienaars en boere ontslae raak van Mosambiekse- en Zimbabwiër-arbeiders? Ons plaas onsself in hierdie posisie van totale beleg deur hierdie mense in diens te neem…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.