Gautengse LUR se lyfwag gekaap

Argieffoto

Die polisie is steeds op die spoor van drie gewapende mans wat die lyfwag van ʼn Gautengse LUR Saterdag in Johannesburg gekaap het terwyl hy in ʼn ampsmotor op die LUR gewag het.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die veiligheidswag, glo ʼn polisiesersant, het omstreeks 13:00 in die Johannesburgse sakesentrum vir die LUR gewag toe die voorval gebeur het.

“Daar word beweer drie gewapende mans het die veiligheidswag oorval, vuurwapens op hom gerig en die motor se sleutels geëis. Die kapers het daarna met die veiligheidswag weggery en hom in Bosmont in die weste van Johannesburg afgelaai. Die wag het nie enige beserings opgedoen nie,” het Masondo gesê.

Volgens EWN het die gekaapte motor aan Faith Mazibuko, LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, behoort. Die wag het glo in die motor gewag om haar na ʼn vergadering te vergesel toe die voorval gebeur het.

Die polisie is op soek na die kapers en is op die uitkyk vir die grys Mercedes Benz ML 500 wat gekaap is. Volgens Masondo het die kapers glo in ʼn wit VW Jetta gery.

Die voorval kom net twee weke nadat Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, in Midrand gekaap is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Daan ·

Polisie steeds op hul spoor, ‘n grap, ek vermoed dis’ n lieg storie, die LUR het die kaping dalk self gereel, plan om nuwe voertuig te kry haha …

Gemaskerde Sopbeen ·

In die “Ou Suid Afrika” sou almal ondersteunend hulle medelye uitgespreek het, gewonder het of die gekaapste persoon veilig is, en geglo het die SAP sal die oortreders vinnig opspoor en arresteer. In die “Nuwe Suid Afrika” is almal “skepties”…….WEET die SAPD gaan NIKS kry nie, en almal wonder of die voorval nie vooraf beplan is nie, sodat daar ‘n “nuwe” Westerse Weelde Wa aangekoop kan word? Hoekom het dit so geword?

Rooivalk ·

Wat soek die LUR op n Saterdag by n amptelike vergadering. Seker oppad om die wedstryd by Soweto pampoen stadion te gaan kyk.

neels ·

Nou vra ek myself af waarvoor het sy n lyfwag nodig as die in die kar sit en moontlik slaap. Is die lyfwag nie veronderstel om voor , agter of langs haar te loop nie waar sy ook al gaan, as sy dan sooo!! belangrik is. Dit klink maar verdag. Daar is soveel korrupte polisiemanne, die sogenaamde polisie sersant kon moontlik saam met die sogenaamde kapers gewerk het.

snoefie ·

het die ml 500 nie eers registrasie gehad nie? het alle lur’re polisie lyfwagte? gn wonder die sapd kan nie hond haaraf maak met kriminele nie. hulle verdien mos genoegnom eie persoonlike lyfwagte te huur en te betaal. die president moet hierdie vergryp aanspreek. as sy nie n lyfwag kan bekostig nie, moet sy nes die res van ons daarsonder klaar kom.

Lientjie ·

So ‘n duur voertuig sonder ‘n “tracker” ? O ja hulle dink mos hulle sal nooit gekaap word nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.