Gautengse LUR vir gesondheid het Covid-19

Die Gautengse LUR vir gesondheid, dr. Nomathemba Mokgethi. (Foto: Twitter)

Die Gautengse LUR vir gesondheid, dr. Nomathemba Mokgethi, het positief getoets vir Covid-19.

Die LUR was die eerste in Gauteng om teen Covid-19 ingeënt te word.

Maroela Media het vroeër berig Mokgethi het in Februarie Johnson & Johnson se entstof as deel van die Sisonke-inentingsprogram ontvang.

Die provinsiale departement van gesondheid sê in ’n verklaring die Covid-19-entstof voorkom ernstige siekte, hospitalisasie en sterfte weens Covid-19.

Luidens die verklaring het Mokgethi haar Dinsdag vir die koronavirus laat toets nadat sy ligte simptome begin toon het.

Dít te midde van aanduidings dat Gauteng se derde virusgolf op hande is.

“LUR Mokgethi toon geen ernstige simptome nie en sal vir die volgende tien dae in isolasie bly,” sê die departement.

Diegene wat onlangs in kontak met die LUR was, is intussen aangesê om ook te isoleer en getoets te word indien nodig.

Die departement doen intussen ’n beroep op mense om selfs ná inenting aan die nodige Covid-19-veiligheidsprotokol te voldoen.

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Manie

En hier begin die groot debat oor die entstof se effektiwiteit. Is dit ‘n bewys dat die entstof nie verhoed dat jy Covid 19 opdoen nie? Ons praat net van verhoed, nie dat dit keer dat jy ernstig siek word nie.

Grassie

Vir diegene wat skrikkerig is vir die entstof – ek is ook gister ingeënt en het nog niks oorgekom nie. Ek het geen snaakse simptome nie en spoeg ook nie bloedklonte nie. Ek het gehoor hulle is besig met inentings naby my woonplek en het gaan kyk, ek was nie op hulle lys nie en nie veronderstel om daar te wees nie. Ek het my dom gesig opgesit en die ry gaan sit. Vier en ‘n half ure later is ek daar weg, klaar ingespuit en met ‘n kaartjie dat ek weer op 9 Junie moet aanmeld vir die opvolgdosis.… Lees meer »

Samuel

Dit is baie jammer dat so iets moes gebeur. Mens wonder werklik hoe lank ná inenting die entstof effektief bly?

Dirk Mostert

Is daar twee soorte Covid-19 virusse, die wat jou effens siek maak en die wat jou ernstig siek maak. En die entstof blok die ernstige virusse, maar nie die ligte virusse nie? Ons hoor nou van hierdie geval omdat dit ‘n VIP is. Gaan ons ook ingelig word van gewone mense wat siek word ten spyte van entings? Hou ons op hoogte asb., soos of sy suurstofbehandeling gaan kry.

Nicolette

Daar is verskillende mutasies van Covid 19. Die inenting verhoed nie dat jy Covid kry nie,dis n virus so enige iemand kan dit kry. Dit gaan oor of jy dodelik(op n ventilator) siek gaan wees en of jy minor simptome gaan he. As jy nie die inenting vat nie is jou kanse baie groot om dodelik siek te word. As jy die vaccine vat is jou kanse baie goed om ligte simptome te kry as jy Covid kry. Dit bly steeds elke persoon se reg om self te besluit of hy/sy die vaccine wil hê.