Gautengse onnie, nog 5 aangekeer vir korrupsie

onderwys-alfabet-swartbord-boek

Foto: Pixabay/Pexels.com

Gauteng se onderwysdepartement sê ses amptenare is onder verdenking in ʼn kontant-vir-poste-skandaal.

Steve Mabona, die departement se woordvoerder, sê die ses sluit ʼn onderwyser, skoolhoof, twee algemene assistente aan die Sekondêre Skool Kwa-Bhekilanga in die township Alexandra en twee amptenare van die afdeling vir menslike hulpbronne in die distrik Johannesburg-Oos in.

“Die onderwyser is Woensdag in hegtenis geneem en het Donderdag in Johannesburg se handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van die omkopery van ʼn ondersoekbeampte,” sê Mabona.

Die vermeende bedrieërs het glo die permanente aanstelling van die twee algemene assistente moontlik gemaak en toe daarop aangedring dat die twee aansienlike bedrae geld in die onderwyser se rekening inbetaal.

Mabona sê die ondersoek is begin ná ʼn naamlose wenk oor kontant in ruil vir poste. “Volgens die inligting tot ons beskikking is onderhoude in Junie vanjaar gevoer, maar die assistente het teruggedateerde salarisse van meer as R13 000 elk gekry aangesien hulle volgens hul aanstellingsbriewe kwansuis reeds op 1 April vanjaar aangestel is.”

Die ses amptenare het Vrydag kennisgewings van voorlopige skorsing ontvang.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, sê hulle verwerp enige “misdadige bedrywighede wat daarop gemik is om die waardigheid van die onderwysdepartement te ondermyn” ten sterkste. Hy hoop die optrede teen die ses amptenare sal hul kollegas afskrik om bedrog te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JG ·

Lesufi…jou Departement het GEEN WAARDIGHEID meer nie…daar is niks wat ondermyn kan word nie.

Santjie ·

Ek hoop hulle almal wat betrokke was, moet AL die geld terugbetaal

Cynthia TREDOUX ·

Dis NIKS NUUTS NIE…in n ander Staatsdepartement…het n TIKSTER n vriendin ge ONDERHOUD…haar aanstellings brief getik…en die Dept het beweer dat hy NIKS anders kon doen…as om die vriendin in n geadverteerde pos aan te stel nie….die TIKSTER is egter geskors.

zoom zoom ·

Die nek van die plek Sy edele Lesufi wil net Afrikaanse skole ontwrig maar Sy dept is vol korupsie. Pleks maak hy Sy dept skoon en los Afikaanse skole uit.

Gatvol ·

Waarom skors? Dank hulle af of skors sonder betaling. Neem hulle in hegtenis en sluit toe. Misdaad is gepleeg. As jy ʼn misdryf begaan, soos bestuur onder invloed, word jy dadelik opgesluit. Wat is die verskil?

1+1 ·

Die belastingbetalers is ook deel van die werkgewers van die onderwysdepartement. Hulle behoort ook ondersoek te word vir “state capture” Nepotisme, wanbestuur en bedrog, Kyk ook maar in die proses na die privaatskool departement.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.