Gautengse polisie het enkele waterkanon vir betogings

Argieffoto van die polisie wat waterkannone gebruik om betogers uiteen te jaag. Foto: ANA.

Die polisie se eenheid vir openbare orde in Gauteng het slegs een waterkanon om dié eenheid gedurende stakings in die provinsie by te staan.

John Moodey, DA-woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het Maandag in ʼn verklaring gesê die DA het met skok verneem dat die eenheid slegs een waterkanon vir die hele provinsie het.

Moodey het gesê hy het vir die eerste keer van dié probleem te hore gekom nadat hy skriftelike vrae daaroor aan Faith Mazibuko, die LUR van gemeenskapsveiligheid in Gauteng, gerig het.

Volgens Mazibuko is die enkele waterkanon in die Johannesburg-distrik.

Moodey het gesê dit is kommerwekkend dat Gauteng, wat die dig bevolkste provinsie is, slegs een waterkanon het. Dit is ook die provinsie met die meeste diensleweringsbetogings landwyd – 24% van súlke betogings was die afgelope jaar net in Gauteng.

“Dit is een van die eenheid se hulpbronne wat die nodigste is om protesoptrede doeltreffend te hanteer en te bestuur. Ons inwoners verdien ʼn polisiediens wat voldoende hulpbronne beskikbaar het om hulle veilig in hul huise en op straat te hou,” het Moodey gesê.

Volgens Moodey gaan hy nou opvolgvrae aan die LUR rig om vas te stel watter planne in werking gestel word om die tekort aan hulpbronne by die eenheid so vinnig moontlik op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hagar

Soutsuur darem effens verdun sal beter werk.

Huh?

Dit word nooit gebruik nie wat help dit? Baie lanklaas gesien dit intersant. Wou seker betogters nat maak nie anders kry hulle verkoue verbaas my.

Right said Fred

Nou kan hulle sommer ‘n gratis shower ook vang.

Rudi

Hulle spaar water

marous

Hulle kan hom volmaak met die Vaal rivier se water . Dit sal so vrees aanjaend wees dat een genoeg sal wees vir die hele afrika ….