Gautengse reeksverkragter gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Reeksverkragter is Donderdag in die streekshof in Vereeniging gevonnis op aanklag van agt verkragtings en ses rooftogte.

“Klaas Mbiza het die misdade tussen 2010 en 2012 in Vlakfontein, De Deur en Lenasia-suid gepleeg,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Hy het vroue wat alleen geloop het, geteiken. Hy het hulle oorval en verkrag voordat hy hulle beroof het.

Mbiza is op 9 April 2013 in Vereeniging aangekeer. Hy is tot agt keer lewenslank gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.